Mangaan jaag weer stof op

Die aanvanklike verligting ná die opdrag vir die onmiddellike staking van vervoer en aflaai van mangaanerts op Lüderitz was van korte duur.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



Inwoners van Lüderitz is van vooraf omgekrap en bekommerd nadat bekend gemaak is Namport het Sondag minstens 240 ton mangaanerts ontvang en in twee skure by die hawe gestoor.

Verlede week het die ministerie van die omgewing en toerisme bevestig mangaanbedrywighede is nie die groen lig gegee nie, aangesien 'n omgewingsklaringsertifikaat nie uitgereik is nie. 'n Ondersoek is gedoen en die polisie het agt trokke gelaai met mangaanerts gekonfiskeer. Die trokke het uit Suid-Afrika gekom as deel van 'n uitvoerooreenkoms om die produk via Lüderitz na China te verskeep. Die drywers is te midde van inwoners se teenkanting beveel om nie die erts by 'n terrein naby die dorp af te laai nie. Inwoners sê dis 'n gevaarlike stof wat erge gesondheids- en veiligheidsrisiko's inhou vir die gemeenskap, die omgewing, die dorp se sakebedrywe en die mariene ekosisteem.

Namport se waarnemende bedryfshoof, mnr. Elias Mwenyo, het Maandag aan Namibian Sun bevestig die omgewingsministerie het “­tydelike toestemming” gegee vir Namport om Sondag die erts af te laai, terwyl die saak ondersoek en die uitreiking van die klaringsertifikaat oorweeg word.

“Die erts is veilig verskuif na die pakhuisgeriewe by die hawe volgens maatreëls en voorwaardes soos deur die ministerie bepaal.

Mwenyo het benadruk Namport het “deeglike risiko-bepaling gedoen . . . voor die aankoms van die produk op die perseel”.

“Gesondheids-, veiligheids- en omgewingskwessies is uitgewys en maatreëls is ingestel vir die veilige aflewering en bewaring van die kommoditeit in 'n geslote omgewing.”

Mwenyo het gesê Namport hou streng by die Internasionale Organisasie vir Standaarde (ISO) se vereistes en veroordeel alle optrede wat negatiewe gevolge vir die mens of omgewing sou hê.

Hy het gesê die besending bly geskut en onder toesig van die haweowerheid. Gereelde inspeksies word deur wetstoepassers gedoen.

Volgens Mwenyo is die tydelike reëling die beste oplossing aangesien die hawe die veiligste bewaringsopsies het.

'n Inwoner wat anoniem wou bly en vertroud is met die hawe se toestand en infrastruktuur, het saamgestem dat dit wel onder omstandighede die beste is, maar dit ook 'n magdom ander kwellinge skep. Hy het gesê die twee Rubb-strukture waarin die mangaan gestoor word, is nie na behore toe­gerus nie. Dit kan nie verseker word dat die water wat die produk klam moet hou, nie besoedelingsgevaar inhou vir die see waarin dié water uitloop nie. Die strukture het nie die vereiste “lussie-dreineringstelsel” wat skadelike stowwe versamel en filtreer nie.

“Namport het nou ander hawe­gebruikers blootgestel. Die hawe is sowat 500 meter lank en alles vind daar plaas: Passasiers gaan aan boord van skepe, bote met voorraad gebruik die hawe en vis word afgelaai. Die mangaan is nou reg in die middel afgelaai.”

Ander inwoners wat net so bekommerd en ook omgekrap is oor die gevare wat dit inhou, het hul tot sosiale media gewend.

In 'n telefoniese onderhoud het Mwenyo benadruk dit is nie die eerste keer dat Namport mangaanerts hanteer en bewaar nie. Derhalwe verseker hy die gemeenskap dat Namport deeglik toegerus is vir die taak.

Wat betref visbedrywe by die hawe, het hy gesê Namport hanteer ook dikwels ander hoërisikoprodukte soos swael en loodkonsentraat. “Dit is potensieel gevaarlike kommoditeite, maar bestaan saam met die visbedryf. Ek kan met trots sê daar was tot nou toe geen gevaarlike voorval wat skadelik vir die visnywerheid was nie.”

Talle Lüderitz-inwoners sê hulle staan nie die ontwikkeling van die dorp teen nie, maar dit kan nie ten koste van gesondheid en die omgewing gebeur nie.

Die mangaanerts is ingebring deur 'n Suid-Afrikaanse maatskappy, TradePort Namibia CC, een van twee wat in onderhandelinge met Namport is vir die hantering en uitvoer daarvan na China. Die ander maatskappy is Pektranam Logistics.

Mwenyo wou nie direk kommentaar lewer oor TradePort Namibia se besluit om die mangaan sonder 'n klaringsertifikaat of bestaande veiligheidsmaatreëls af te laai nie. Hy het wel gesê Namport ondersteun “die sakeonderneming, maar dit moet strook met Namibiese wette. Ons kan nie 'n proses onderhou wat die vereiste prosedures ondermyn nie.”

Wat betref die mangaan wat nog by die stortingsterrein is, het Namport navraag by die owerhede gedoen. Dit sal óf na die Rubb-strukture geskuif word, óf ander oplossings sal gevind word om stofbesoedeling te bekamp.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.72/OZ UP +0.30% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 854.60/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 89.17/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 911.72/OZ DOWN -0.0046