Mandi Samson bedank by Air Nam
Mandi Samson bedank by Air Nam

Mandi Samson bedank by Air Nam

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië se nasionale redery het aangekondig die waarnemende uitvoerende hoof, adv. Mandi Samson, het bedank.

Vrydag is haar laaste werksdag.

Air Namibia sê die soektog na 'n nuwe uitvoerende hoof het begin. Daarmee saam sal 'n geskikte waarnemende kandidaat in haar plek aangestel word sodra “die nodige regulatoriese goedkeuring verkry is”, het die nuutaangestelde direksie in 'n verklaring laat gister gesê.

Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het die direksie­lede met hul aanstelling vroeër vanjaar opdrag gegee om die aanstelling van “'n substantiewe uitvoerende hoof” te finaliseer.

“Die tussentydse aanstelling sal die inkomende posbekleërs in staat stel om die kernkwessies in hul onderskeie poste reg te stel, en die uitvoerende bestuur terselfdertyd die geleentheid bied om op kritieke kwessies soos die finansies, kommersiële dienslewering en die ver­skeie voortslepende regsaksies te fokus,” lui die raad se verklaring.

Sedert die skorsing van me. Theo Namises as besturende direkteur van Air Namibia in 2015, is die redery deur uitvoerende hoofde in 'n waarnemende hoedanigheid bestuur.

“Die nuwe raad van onafhanklike direksielede het die afgelope sewe weke baie tyd bestee om 'n omvattende en duidelike oorsig van die situasie by Air Namibia te kry, en maak vordering daarmee om die bestuur verantwoordbaar te hou vir operasionele kwessies, asook die finalisering van die strategiese plan,” sê hulle.

Volgens die voorsitter, adv. Dee Sauls-Deckenbrock, het 'n nuwe era vir Namibië en sy nasionale redery aangebreek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!