Man voor hof ná 'hardhandigheid'
Die man wat beweer die polisie het hom aangerand, kon steeds nie 'n klag aanhangig maak nie.
Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag voor die hof gedaag.
Davids het 'n eerste verskyning in die landdroshof op Rehoboth gemaak op aanklag van dwarsboming van die gereg.
Hy is op borgtog van N$1 000 vrygelaat en moet weer op 30 Junie in dié hof verskyn.
Davids het die naweek gesê hy is voornemens om vandag 'n strafregtelike klag aanhangig te maak teen 'n beampte wat hom glo hardhandig behandel het.
Hy het voorts gesê lede van die Groot Aub-gemeenskap beplan 'n betoging teen die beweerde gewelddadigheid aan die hand van die owerhede op dié nedersetting.
ANDER Sê
'n Ander inwoner het Vrydag op voorwaarde van anonimiteit gesê wat Davids beweer, is aan die orde van die dag op Groot Aub.
Davids het verlede week beweer waarnemende sersant Erwen Katiti van die stadspolisie het hom Dinsdaglaatmiddag op dié nedersetting suid van die hoofstad aangerand.
In 'n video kan beamptes gesien word terwyl hulle met Davids stoei.
Volgens hom het die skermutseling ontstaan toe Katiti hom by 'n padblokkade op Groot Aub laat stilhou het.
Terwyl die beampte besig was om sy voertuig te deursoek, het 'n rusie glo ontstaan omdat Davids vir Katiti om die motor gevolg het, beweer hy wat Davids is.
Nadat hy glo hardhandig behandel en in hegtenis geneem is, is glo hy vir ure by die Groot Aub-polisiekantoor aangehou.
Die hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, sê hy dra kennis van die voorval.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie