Man vas oor lewende ietermagu00f4
Man vas oor lewende ietermagu00f4

Man vas oor lewende ietermagô

Francoise Steynberg
'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is die 22-jarige man tydens 'n polisie-operasie in hegtenis geneem.

Hy sal Maandag op klagte van die onwettige besit van en handel in beskermde en beheerde wild in die Okahandja-landdroshof verskyn.- Nampa

Foto Nampa


Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer