Man vas ná ‘sneeuvlokkie’ vrou se dood veroorsaak
’n Australiese man is Maandagoggend in hegtenis geneem ná ’n prosedure om ’n plastiek-sneeuvlokkie in ’n vrou se hand in te plant.
Die man doen dié soort “liggaamsaanpassings” op versoek van mense en is ook ’n tatoeëerkunstenaar, berig The Guardian.
Brendan Russell (37) is van strafbare manslag aangekla nadat Samantha Strickland aan bloedvergiftiging dood is sowat drie weke nadat hy ’n sneeuvlokkie van plastiek in haar hand ingeplant het.
GEWILDE PROSEDURE
Strickland se sewejarige dogtertjie het in hul huis op haar ma se lyk afgekom. Sy het ’n sogenaamde “liggaamsaanpassing” by Russell se tatoeëer-winkel gehad voordat sy dood is. Sy het ’n sneeuvlokkie van silikoon in haar hand laat inplant. Dit is glo ’n gewilde prosedure, berig news.com.au.
’n Nadoodse ondersoek het bevind die 30-jarige vrou is dood aan bloedvergiftiging wat veroorsaak is deur ’n infeksie in haar regterhand.
Daily Mail berig die vrou het ’n ruk nadat die prosedure gedoen is, ’n klag teen die man by die polisie ingedien.
Op sy sosiale media beweer Russell hy het meer as tien jaar se ervaring in “liggaamsaanpassing” en dat hy die wêreld vol reis om sy vernuf te bemark.
Sy portefeulje strek van valse littekens tot “horings onder die vel” en krale van silikoon wat onder sy kliënte se vel ingeplant word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie