Man vas ná bom ontplof in Manchester

Die terreurgroep Isis het aanspreeklikheid vir die bomaanval aanvaar.
Die dodetal in die ontploffing in Manchester in Brittanje het tot 22 gestyg - van hulle is kinders.
Die polisie sê 59 mense is ook in die vermeende terreuraanval beseer. Die Namibiese hoëkommissariaat in Londen het in 'n telefoniese onderhoud met Republikein gesê hulle is nie bewus van enige Namibiërs wat in die Manchester-arena was of dood of beseer is in die aanval nie.
Die voorval het Maandag omstreeks 22:33 by die Manchester-arena gebeur ná 'n konsert deur Ariana Grande, 'n Amerikaanse sangeres wat gewild is onder veral tieners en kinders.
Die ontploffing het in die middel van 'n verkiesingsveldtog gebeur. Alle politieke partye het hul verkiesingsveldtogte ná die aanval tydelik gekanselleer.
Die Britse eerste minister, Theresa May, het volgens 'n verklaring wat deur die Britse hoëkommissariaat in Windhoek uitgereik is, gesê: “Ons werk om die volle besonderhede vas te stel van wat deur die polisie as 'n afskuwelike terroriste aanval hanteer wor.
“Al ons gedagtes is by die slagoffers en die familie van diegene wat geraak is.”
Die Britse minister van binnelandse sake, Amber Rudd, het gisteroggend gesê: “Dit was 'n barbaarse aanval wat met opset sommige van die mees weerlose in ons gemeenskap, jong mense en kinders, by 'n popkonsert geteiken het.”
Gisteroggend is 'n noodvergadering van die komitee vir krisisreaksie in die kabinetkantoor se inligtingskamer (COBRa) belê wat deur Rudd ­bygewoon is en waar die eerste minister voorgesit het om inligting in te samel en meer oor die aanval uit te vind.
“Die publiek moet waaksaam, maar nie bekommerd wees nie. Indien hulle iets het om aan te meld, moet hulle die polisie nader,” het Rudd gesê.
Hoofkonstabel Ian Hopkins van die Manchester-polisie het tydens 'n nuuskonferensie gesê beseerdes word in agt hospitale in die groter Manchester-gebied behandel. Hy sê meer as 400 polisiebeamptes was Maandagnag gemoeid met die veiligheidsoperasie en dat “'n vinnig-bewegende ondersoek” gedoen word.
Hy sê die polisie probeer nou vasstel of die selfmoordbomaanvaller alleen opgetree het en of die persoon deel van 'n netwerk was.
“Ons prioriteit is om saam met die nasionale teenterreur-polisiëringsnetwerk en Britse intelligensiedienste te werk om meer inligting te kry oor die individu wat die aanval uitgevoer het,” het Hopkins gesê.
Die aanval is die nuutste in 'n reeks aanvalle wat sedert 2015 Europa teiken en kom slegs twee maande nadat 'n aanvaller vyf mense buite die parlementsgebou in Londen doodgemaak het.
Ooggetuies het aan Sky News gesê hulle het 'n harde slag aan die einde van Maandagaand se vertoning gehoor.
“Die konsert was klaar en ons almal was besig om te loop. Daar was 'n ontploffing aan ons linkerkant en mense het begin hardloop,” het Isabel Hodgins aan Sky News gesê. “Dit het soos 'n brand geruik en daar was redelik baie rook toe ons vertrek het.”
Die voorval herinner aan die aanval in 2015 op Bataclan in Parys, Frank­ryk, waar gewapende mans 'n rockkonsert geteiken het. Die konsertgangers in Manchester was selfs jonger. Sommige ooggetuies meen dat kinders so jonk soos nege jaar by die konsert was.
Een ooggetuie het aan die BBC gesê ouers het ná die ontploffing op mure gestaan en vir hul kinders geskree. Hotelle in die stad het kinders tydelik ingeneem totdat hul familielede opgespoor kon word.
Foto's van vermiste tieners is deur vriende en familie op sosiale media geplaas. Sommige konsertgangers sê hulle het eers gedink die ontploffing is veroorsaak deur een van die pienk ballonne wat die arena versier het. Televisiebeeldmateriaal wys tonele van paniekbevange mense wat skarrel om die plek te verlaat.
Teen druktyd het Isis aanspreeklikheid vir die Manchester-aanval aanvaar, berig AP. Intussen berig Reuters 'n 23-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Bronne: Britse hoëkommissariaat/Namibiese hoëkommissariaat/Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026