Man sterf toe hy meisie teen eks probeer beskerm
Man sterf toe hy meisie teen eks probeer beskerm

Man sterf toe hy meisie teen eks probeer beskerm

Yandi Du Plessis
‘n Ses-en-dertig-jarige man het vroeg gisteroggend in Swakopmond se DRC-woonbuurt gesterf toe hy meer as tien keer met ‘n mes deur sy meisie se voormalige kêrel gesteek is.
Mnr. Kamati Sylvanus Kamati is volgens die polisie op die toneel dood.
Die verdagte, ‘n 26-jarige man, is in hegtenis geneem nadat hy aanvanklik op die vlug geslaan het.
Die voorval het Saterdagoggend tussen 04:00 en 05:00 plaasgevind.
Volgens die polisie het die oorledene en sy meisie in hul sinkhuis geslaap toe die verdagte die dakplate oopgebreek het om toegang tot die huis te verkry. Hy het hierop sy eksmeisie begin aanrand.
Die oorledene het na bewering tussenbeide getree toe die verdagte die vrou met ’n mes probeer steek het, waarna hy begin het om vir Kamati aan te val.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!