Man sterf in ongeluk naby Oranjemund
Die 27-jarige David Utoni van Rosh Pinah is die naweek dood, nadat die voertuig waarin hy ‘n passasier was naby Oranjemund die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke vir die //Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het die ongeluk Saterdag omstreeks 14:45 sowat 10 kilometer buite Oranjemund plaasgevind. Volgens Mubebo is die bestuurder van die voertuig ernstig beseer en vir behandeling na Windhoek geneem. Twee ander passasiers het ligte beserings opgedoen. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie