Man sterf in botsing naby Rehoboth
’n Man is Saterdag naby Rehoboth in ’n kop-teen-kop-botsing tussen ’n sedan en ’n voertuigdraer dood. Die ongeluk het omstreeks 23:50 plaasgevind. Volgens die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj. Komm. Eric Clay het die ongeluk sowat drie kilometer buite Rehoboth plaasgevind nadat die sedan ’n ander voertuig op ’n draai verbygesteek en teen ’n voertuigdraer van Jan Japan Motors gebots het. Die bestuurder van die sedan is op die toneel dood, terwyl die beseerde passasier na die St. Mary’s-hospitaal op die dorp vervoer is. Die bestuurder van die voertuigdraer en sy vrou is nie in die ongeluk beseer nie. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie