Man spring in en maak Henties skoon
Man spring in en maak Henties skoon

Man spring in en maak Henties skoon

Doen dit vir die liefde vir sy dorp en gemeenskap
Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Inwoner van Hentiesbaai het besluit om stukkie vir stukkie sy dorp skoon te maak omdat dit die regte ding is om te doen.

Bassie Jaarsak het agt jaar gelede vir werk Hentiesbaai toe getrek. Hy het sy vrou ontmoet en aangebly.

Hy het verlede week op die Facebook-blad van Hentiesbaai Gesels ’n plasing gesien oor ’n hoop vullis wat op ’n oop erf gestrooi is.

“Op die foto’s wat die man geplaas het, het ek gesien hy het ’n bakkie en ek het vir Luzelda, my vrou, gesê ek sal die vullis met my bakkie wegry. Dit was verlede week Donderdag en toe sê ek vir haar komende Maandag sal ek begin om die dorp skoon te maak.”

Dis presies wat hy begin doen het. Hy het Maandag met sy opruimingswerk begin en nege sakke vol rommel binne twee ure opgetel. Dinsdag het hy nog tien sakke volgemaak.

“Maandag terwyl ek skoongemaak het, het Andrew by my aangesluit en begin help.”

Andrew Davies (15) help elke dag vir die twee ure wat Bassie besig is om skoon te maak.

Die skoolseun sê: “Dis die regte dink om te doen, want Hentiesbaai is baie vuil. Ek is geleer om wanneer ek iets sien wat verkeerd is op te staan en dit te verander. Sodra almal dit doen, sal ons dorp baie vinnig skoon en netjies wees. Ek sal dit doen tot ek weer skool toe moet gaan, maar as ek een dag af is of tyd het, is ek weer op my pos om vullis op te tel.”

Bassie sê hy doen dit nie vir die geld nie.

“Te veel van ons koop iets in die winkel en gooi die rommel net op enige plek. Niemand tel dit op en gooi dit weg nie. Ons het nie mense soos in Windhoek wat deur die munisipaliteit aangestel is en wat rondloop en vullis optel nie, so ons die inwoners moet dit doen.”

Volgens hom sal vyf kinders van die Happy Land Kindergarten & Safe Haven ook in die volgende paar dae kom hand bysit.

Bassie sê hy het van die plaaslike Spar vullissakke ontvang en mense het vir hom en Andrew ontbyt, koeldrank, droëwors en handskoene kom aflewer.

Volgens hom het ’n jongman na hom toe gekom en vir werk gevra. Toe hy antwoord die opruiming is vir die liefde vir die dorp en gemeenskap, het die jongman ook nie meer belang gestel nie.

“Die lewe gaan nie altyd oor geld nie. Elke ding het sy tyd en nou is die tyd vir my om my dorp te help en skoon te maak. Op ’n ander dag sal ek weer werk kry en besig wees, maar vir nou hou dit my besig,” het Bassie gesê.
FOTO
Bassie Jaarsak en Andrew Davies ná hul tweede dag van opruiming op Hentiesbaai. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!