Man skuldig aan grumoord
Jana-Mari Smith - Ses jaar ná Ananias Nailenge sy meisie met 'n mes gesteek en haar kop afgesny het, is hy skuldig bevind en wag hy op vonnisoplegging.
Die moord het in 'n woonstel op Oshakati tydens 'n stryery plaasgevind.
Verlede Woensdag het hooggeregshofregter Marlene Tommasi 'n einde aan die regsproses gebring toe sy gesê het die staat het bo alle redelike twyfel bewys Nailenge is skuldig aan die moord op sy vriendin, me. Mirjam Tuyakula Nandjato (24), in Februarie 2014 in Oshakati-Wes.
Nailenge het Nandjato glo op 4 Februarie 2014 gevra om hom by sy woonstel tydens haar middagete te ontmoet. Sy het haar ma gesien kort voor sy haar werk verlaat het om hom te ontmoet. Dit was die laaste keer dat haar ma haar lewend gesien het.
Nandjato se skielike en gewelddadige dood aan die hand van 'n man wat sy vertrou het, het vriende, familie en die gemeenskap met afgryse vervul.
Nailenge wat ten tyde van die moord 24 jaar oud was, het aanvanklik 'n volledige erkenning voor die landdros afgelê. Hy het dit tydens die verhoor teruggetrek en aangevoer dit is onder dwang gemaak.
Volgens mediese getuienis wat tydens die verhoor voorgelê is, het Nailenge Nandjato in die maag gesteek, waarná hy haar kop afgesny het. Hy het getuig hulle het oor sy kind by 'n ander vrou gestry. Hy het beweer hy het uit selfverdediging opgetree en om sy kind te beskerm.
Tommasi het Nailenge Woensdag skuldig aan moord bevind, wat saam met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld gelees word.
Sy het hom vrygespreek op die klag van roof, aangesien dit nie bewys kon word nie. Tydens die verhoor het Nailenge se oom getuig hy het hom gebel en die moord bely.
Die oom het die polisie gekontak en kort daarná is Nandjato se liggaam in Nailenge se woonstel gevind.
Tommasi het dié oproep as die “enkele verdoemendste bewys” teen hom beskryf. 'n Datum vir vonnisoplegging is nog nie vasgestel nie, hoewel 'n voorvonnisverhoor na verwagting teen middel Mei sal plaasvind en vonnisoplegging kort daarná gedoen sal word.
Volgens hofbeamptes sal die proses in die hooggeregshof op Oshakati plaasvind. Die staatsaanklaer Jatiel Mudamburi het die staat verteenwoordig, en die regshulpadvokaat Petrus Grusshaber het namens die beskuldigde verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie