Man oorleef luiperdaanval
Adolf Kaure - 'n Skaapwagter (59) het Maandag 'n aanval deur nie een nie, maar twee luiperds, in die Karibib-omgewing oorleef.
Volgens die Erongostreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die man om sy lewe geveg om een van die roofdiere af te weer.
“'n Skaapwagter, mnr. David Dantatzao, is na bewering omstreeks 10:00 byna deur twee luiperds op die plaas Domeb in die Karibib-distrik bokveld toe gestuur toe hy skape laat wei het,” het Iikuyu gesê.
“Dantatzao kon daarin slaag om een jong luiperdwyfie met 'n sakmes en 'n spies dood te steek.”
Iikuyu het gesê die skaapwagter het ernstige beserings opgedoen en is vir behandeling na die Usako-staatshospitaal geneem. Sy toestand word as stabiel beskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie