Man met hope wildprodukte vas
Man met hope wildprodukte vas

Man met hope wildprodukte vas

Francoise Steynberg
'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem.

Mnr. Katoima Kandunda is verlede Maandag deur die Namibiese polisie en beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme glo met vier stukke ivoor, 18 olifantbeendere, 9 stukke olifantvel, een leeuvel, ses skilpaddoppe, vyf buffelhorings, een hiënavel, drie koedoehorings, een swartwitpenshoring en vier buffelbene vasgetrek.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer