Man met beseerde ietermagô vas
‘n Man (25) is gistermiddag in Windhoek in hegtenis geneem met ‘n beseerde ietermagô glo in sy besit.
Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme was die ietermagô baie gestres en met beserings op die lyf. Die ministerie het die ietermagô na ‘n wildveearts geneem. Die diertjie, die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld, sal dan gerehabiliteer en weer in die natuur vrygelaat word.
Die besit en smokkelary van en handel dryf in ietermagôs is ‘n misdaad in Namibië.
Die ministerie herinner die publiek daaraan dat ‘n beloning gegee word aan mense wat inligting verskaf wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes lei wat ietermagôs vang, doodmaak of smokkel. ‘n Beloning word ook gegee aan mense wat inligting gee wat lei tot die beslaglegging op ietermagôs, hul liggaamsdele en produkte.
Ietermagôs is van die mees bedreigde spesies wat vir hul skubbe afgemaai word.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie