Man in rivierloop in Olympia vermoor
'n 44-jarige man wat saam met ander bosslapers in 'n riverloop naby die sportstadions in Olympia gewoon het, is na bewering vroeër vanmiddag deur 'n lid van die Namibiese weermag geskiet nadat hulle saam by 'n cuca-winkel gedrink het.
Ander bosslapers het aan Republikein gesê die soldaat het gereeld saam met hulle daar by hulle cuca-winkel in die rivierloop gedrink en was altyd gewapen. Hy woon na bewering in die weermagbasis in Suiderhof.
Die oorledene, wie se naam aan Republikein bekend is, is glo twee keer geskiet. Eers skrams in die kop, waarna die soldaat hom weer geskiet en hy dood is.
Foto: Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie