Man in hof oor hospitaalmoord
'n Man van Outjo, wat na bewering sy meisie met ‘n mes gesteek het en haar die volgende dag in haar hospitaalbed vermoor het, het op 18 Mei sy eerste verskyning in Windhoek se hoërhof gemaak.
Mnr. Hendrik Nowoseb (25) word daarvan beskuldig dat hy op 6 Desember 2014 sy meisie, me. Wilhelmina Tsauses (19), met ‘n mes in haar kop, nek en linkerarm in haar huis in Etoshapoort gesteek het en gevlug het.
Die polisie het vir Tsauses na die Outjo-staatshospitaal geneem.
Die volgende dag omstreeks 15:30 het Nowoseb glo vir Tsauses in die hospitaal besoek en haar met ‘n slagmes in die bors gesteek.
Verpleegpersoneel het op haar afgekom waar sy weens die vars, diep wonde in haar bors gebloei het en sy is kort daarna oorlede.
Noweseb is later die dag in hegtenis geneem waar hy in die bosse agter Etoshapoort weggekruip het.
Die beskuldigde het voor regter Naomi Shivute tydens ‘n voorverhoor-konferensie verskyn. Die saak is tot 22 Junie uitgestel.
Hy bly in aanhouding in Windhoek se sentrale gevangenis met geen opsie om vir borgtog aansoek te doen nie.
Mnr. Natji Tijirare, staatsprokureur, verdedig vir Nowoseb en adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef tree namens die staat op. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie