Man in Bwabwata Nasionale Park deur olifant doodgetrap

Henriette Lamprecht
Matala Mafuta (71) van die Omega 3-nedersetting is Woensdag omstreeks 09:30 deur 'n olifant in die Bwabwata Nasionale Park doodgetrap. Volgens 'n voorlopige ondersoek deur die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme het die voorval sowat 800 meter suid van Omega 3 plaasgevind toe Mafuta onderweg was na sy nabygeleë landerye. Sy gesin sal deur die ministerie ondersteun word om te eis vir die begrafnisvoordeel van N$100 000 waarvoor die beleidsrigting vir mens-dier-konflik voorsiening maak.
Tot op hede het agt mense hul lewens as gevolg van wilde diere vanjaar verloor en wel vier deur krokodille, twee deur olifante en twee deur seekoeie.

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer