Man ernstig beseer in skermsweeftuigongeluk
Die 58-jarige mnr. Hannes van der Walt is gister ernstig beseer in 'n skermsweeftuigongeluk aan die Namibiese kus. Volgens die hoof van misdaadondersoeke vir die Erongostreek, adj. komm. Erastus Ikuyu het Van der Walt beheer oor die skermsweeftuig verloor en op die strand naby Jakkelsputz te lande gekom. Hy het ernstige beserings opgedoen. Volgens Ikuyu het nooddienspersoneel van Life Link hom na die Cottage Private Hospitaal vervoer waar hy opgeneem is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie