Man eis N$3,3 m. ná skietvoorval

Koeël glo steeds in sy nek

23 November 2021 | Howe
Kristien Kruger

’n Inwoner van Kuisebmond dagvaar die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit vir sowat N$3,3 miljoen nadat ’n lid van die Namibiese polisie hom glo onregmatig geskiet het.

Mnr. Nemushi Iimanuel Amandus beweer ’n lid van die Namibiese polisie het hom op 1 April vanjaar in Walvisbaai in sy nek geskiet en hy het kort daarna ’n eis teen die ministerie en die inspekteur-generaal van die polisie aanhangig gemaak.

“Die insident het in die openbaar gebeur en lede van die publiek het dit aanskou,” lui die besonderhede van sy eis. Volgens hofstukke het hy mediese behandeling ontvang, maar die koeël in sy nek kon glo nie verwyder word nie, aangesien dit hom kon verlam het, óf selfs tot sy dood kon lei.

“Hy het baie fisieke pyn gehad en ervaar steeds pyn, omdat die koeël steeds in sy liggaam is.” Volgens hofstukke wat gister by die hoërhof in Windhoek ingedien is, ontken die ministerie en die Namibiese polisie nie die insident nie en is hulle bereid om die eis buite die hof te skik. Hulle is wel nie bereid om die volle eis van N$3,3 miljoen te betaal nie.

Amandus eis sowat N$1,5 miljoen vir pyn en lyding, N$1 miljoen vir emosionele en psigiese lyding, N$100 000 vir mediese sorg en ondersoeke wat hy moes betaal en N$700 000 vir verdere mediese onkostes en operasies wat hy moes ondergaan.

SKADEVERGOEDING

In ’n ander saak teen dieselfde ministerie, eis twee mans altesaam N$500 000.

Mnre. Reinhold Dhigiina Nangolo en Naftal Fiindje Nafital beweer hulle is in Januarie vanjaar onwettig in hegtenis geneem en elkeen eis ’n bedrag van N$250 000 vir skadevergoeding. Die duo was glo twee dae in aanhouding voor hulle op borgtog vrygelaat is.

Al twee sake het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn en is nog nie afgehandel nie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Graad 11- en 12-uitslae middel Februarie verwag

2 ure gelede | Gesondheid

Die uitslae van voltydse kandidate vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) en Gevorderde Vlak (AS) sal in middel-Februarie vrygestel word. Volgens 'n...

Boggelrug rus teen die rotse

10 ure gelede | Omgewing

'n Boggelrugwalvis het gister laatmiddag by Langstrand Uitbreiding 1 tussen Swakopmund en Walvisbaai uitgespoel. Volgens 'n inwoner het die dooie walvis met laegety teen 'n...

Geen toetse vir ingeëntes

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Namibië het gister ’n reusetree gegee om in pas te kom met die nuwe wêreldneiging waar reise deur inentingstatus eerder as ’n...

Families getraumatiseer ná verkeerde liggaam begrawe word

10 ure gelede | Mense

Adam Hartman op Swakopmund – Twee families in rou is verder getraumatiseer nadat hul geliefdes se liggame per ongeluk omgeruil is – klaarblyklik by die...

Risikoskaal vir boere swaar gelaai

10 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Skerp stygings in insetkoste, ’n “ontploffing” in veediefstalle en onsekerheid oor of die reënval vanjaar voldoende sal wees vir goeie weiding, is...

Weer vir 14 Januarie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm in die noordweste en die verre Weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met 'n...

NaTIS: Agterstand in leerlinglisensies

10 ure gelede | Vervoer

Kristien Kruger – Nuwe besprekings vir leerlinglisensies by NaTIS is tydelik opgeskort sodat die geweldige agterstand ingehaal kan word.Volgens die woordvoerder van die Paaieowerheid (RA),...

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

19 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister...

Trusted Travel System geld vanaf Saterdag

23 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld vanaf Saterdag (15 Januarie) in...