Man (45) verkrag driejarige glo
Man (45) verkrag driejarige glo

Man (45) verkrag driejarige glo

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Bekende Windhoekse man het gister in die Windhoek-landdroshof in verband met die verkragting van 'n driejarige meisie verskyn.

Mnr. Warren du Pont (45) is Maandag in Windhoek in hegtenis geneem nadat hy daarvan beskuldig is dat hy die meisie in November in die hoofstad, of in die Windhoek-distrik, verkrag het.

Die meisie is nie familie van hom nie. Die beskuldigde sal in aanhouding bly ná landdros Ivan Gawanab borgtog geweier het.

Die staatsaanklaer, me. Laura Mabuku, het borgtog heftig teengestaan weens die erns van die saak, die vrees dat die beskuldigde by die ondersoek en getuies kan inmeng, asook omdat die polisieondersoek nog in 'n vroeë stadium is.

Die landdros het die saak tot 12 Desember vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!