• Tuisblad
  • Landbou
  • Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery
Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery
Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery

Maksimaliseer spermproduksie van teelramme deur presisieboerdery

Errol Hurter
Dr. Jasper Coetzee, veekundige - Een manier om 'n hoë besetting en 'n hoë voorkoms van meerlinggeboortes te verseker, is om spermproduksie te maksimaliseer.
Teelramme verteenwoordig 'n betreklike klein groepie diere en daarom is daar nie 'n verskoning vir swak reproduksieprestasie wat spruit uit swak voeding en voorbereiding van teelramme nie.
Die hoofwinsdrywer in skaapboerdery is die kilogram vleis geproduseer per hektaar per jaar en daarom word in hierdie artikel gefokus op verhoogde spermproduksie by teelramme omdat dit 'n betekenisvolle bydrae tot verhoogde reproduksietempo kan lewer.


Wat is presisievoeding?
Presisievoeding is om die regte byvoeding van die regte gehalte teen die regte peil (hoeveelheid) op die regte tyd (stadium) vir die regte periode te voer (Blache & Martin, 2010) om skape se volle genetiese potensiaal te ontsluit vir maksimum biologiese respons en om wins te maksimaliseer. Superieure genetika gaan hand aan hand met doeltreffende en dus presisievoeding en -bestuur (Ingham, 2005) om die volle genetiese potensiaal van skape te ontsluit.


Wat is die doel met presisievoeding van teelramme?
Presisievoeding behels die voer van spesiaal geformuleerde plaasspesifieke en pasgemaakte aanvullings, wat kritieke voedingstowwe soos deurvloei-aminosure, energie, minerale, spoorelemente en vitamiene bevat, aan ramme gedurende 'n spesifieke periode om testisgroei en spermproduksie te maksimaliseer. Die voorsiening van 'n spesiaal geformuleerde ramprikkelaanvulling het ten doel om testisgrootte en spermproduksie te maksimeer (Martin & Walkden-Brown, 1995) wat noodsaaklik is vir 'n hoë besetting en hoë voorkoms van meerlinggeboortes.
'n Hoër voedingspeil vergroot die testisomtrek en verbeter die dekpotensiaal van teelramme (Viñoles et al, 2012). 'n Kontrolegroep ramme wat natuurlike weiding bewei, se testismassa was 208,5 g teenoor die 290,6 g van die ramme wat op aangeplante weiding was en 'n deurvloeiproteïenaanvulling ontvang het (Gil et al., 2014). Dit bevestig die noodsaaklikheid van 'n voedingsaanvulling aan teelramme op weiding voor die paarseisoen om hulle reproduktiewe potensiaal te verbeter (Viñoles et al, 2012).
Aangesien ramme heelwat massa gedurende die paarseisoen verloor, moet hulle byvoeding ontvang om hulle in 'n uitstekende kondisie (3,5 tot 4,0 kondisiepunt) met aanvangs van die paarseisoen te kry (Boundy, 1992; Vipond & Greig, 2007; Sargison, 2008).



Kan teelramme die lampersentasie van 'n ooikudde verhoog?
Die genetiese bydrae van 'n teelram tot die verhoging van reproduksie word heeltemal onderskat en is belangriker as die ooi-effek op 'n kuddebasis. Verskeie navorsingsproewe bevestig die direkte effek wat sekere teelramme op die meerlinggeboortes by ooie het (Turner & Young, 1969; Bradford, 1972). Dit is ook aangetoon dat hoe meer kere 'n ooi gedek word, hoe beter is die kans om haar beset te kry en terselfdertyd gee dit 'n dramatiese verhoging in meerlinggeboortes (Mattner & Braden, 1967). Om dus te verseker dat teelramme ooie soveel kere as moontlik gedurende hulle hitteperiode dek, moet die ramme oor 'n baie hoë libido (geslagsdrang) beskik en topfiks wees. Die korrekte voeding kan ook 'n merkbare effek op die ram se drang (libido) hê om te dek terwyl ondervoeding spermproduksie affekteer sowel as die libido verlaag (Mattner & Braden, 1975; Alkass & Bryant, 1984; Wilson, 2001).


Moet aan spesifieke teelramme voorkeur gegee word indien die doelwit is om die lampersentasie van die ooikudde te verhoog?
Gebruik die ramme met die hoogste BLUP-teelwaarde vir TWW (totale massa lam gespeen), maar sorg dat die teelwaardes vir al die ander eienskappe in balans is. Daar moenie net vir een eienskap geselekteer word nie (Olivier, 2008). Indien die TWW-teelwaarde nie beskikbaar is nie, gebruik die ramme wie se moeder 'n baie goeie reproduksierekord het. Ramme gebore uit vrugbare moeders of eerder uit 'n vrugbare moederlyn, se dogters is meer vrugbaar. Gee dus voorkeur aan ramme gebore uit ooie met hoë positiewe OPI-waardes (ooiproduktiwiteits-indeks) en ooie wat gemiddeld die meeste lammers per lamkans gespeen het (d.i. totale getal lammers oor leeftyd gespeen ÷ aantal lamkanse).
Voorkeur moet ook gegee word aan ramme met 'n " wakker," lewendige en aggressiewe voorkoms. Die oë moet veral helder, wakker en lewendig wees. Sulke ramme en veral aggressiewe ramme is meer geneig om 'n sterker geslagsdrang (libido) te hê en meer vrugbaar te wees as dié wat skugter en " slaperig" vertoon. Die gebruik van eersgenoemde ramme sal tot hoër besetting en meer meerlinggeboortes aanleiding gee (Henderson, 1990), want hoe meer kere 'n ram ooie tydens hulle hittesiklus dek, hoe hoër is die besetting en die meerlinggeboortes. Die reproduktiewe prestasie van teelramme kan aansienlik varieer (Price, 1987) omdat hul libido drasties kan verskil wat 'n groot invloed op die algehele vrugbaarheid van die ooikudde het (Matos & Thomas, 1991).
Gee voorkeur aan ramme met groot testes omdat testisomtrek en testisvolume positief gekorreleer is met spermproduksie en manlike hormoonproduksie asook met die ovulasietempo (aantal eiselle afgeskei), meerlinggeboortes en ouderdom van geslagsrypheid van hulle vroulike nageslag (Henderson, 1990; Kimberling & March, 1997 & Gouletsou & Fthenakis, 2010). Volwasse ramme se testisomtrek moet 35 cm (Henderson, 1990) tot 40 cm (Sargison, 2008) wees.


Hoe kan semenproduksie en die gehalte van die semen verbeter word?
Om 'n hoë lampersentasie te verseker, moet teelramme 'n prikkelvoer gevoer word om hulle in 'n uitstekende kondisie (kondisiepunt van 3,5 tot 4,0 op 'n skaal van 5 (Henderson, 1990; Greig, 2007) te kry en om hulle testisgrootte te maksimaliseer sodat maksimum spermproduksie kan plaasvind (Croker, 1996). 'n Hoë voedingsvlak lei tot 'n toename in testisgrootte en verhoogde spermproduksie ses tot tien weke nadat byvoeding 'n aanvang neem (Blanche et al., 2002; Viñoles et al., 2012). Proewe toon dat die regte voeding vir 'n periode van minstens twee maande die spermproduksie kan verdubbel.
Om testisgroei en spermproduksie te maksimaliseer, moet teelramme ekstra energie, maar veral 'n baie hoë vlak van deurvloeiproteïen gevoer word, want dit bevorder die groei van die testes en die spermproduksie (Henderson, 1990). Ramme wat 'n hoë proteïenrantsoen ontvang het, het 'n hoër en meer intense seksdrang gehad as dié op 'n lae proteïenrantsoen (Salamon, 1964). Volgens Vipond & Greig (2007) moet 'n prikkelvoer vir teelramme 16% proteïen bevat waarvan minstens 40% deurvloeiproteïen met die korrekte aminosuurprofiel moet wees. Verkeerde voeding wat vetaanpakking in die skrotum en in die nek van die skrotum veroorsaak, verhoog skrotale temperatuur wat tot ‘n hoër persentasie abnormaliteite in die semen en dus swak gehalte saad aanleiding gee (Labuschagné et al., 2002 & Kastelic et al., 1996; Sargison, 2008).
Aangesien die proses van spermproduksie (spermatogenese) ongeveer sewe weke neem, moet die testes reeds maksimum ontwikkel wees sewe weke voor aanvang van die paarseisoen om voldoende semen beskikbaar te hê om die eerste ooie te bevrug (Innovis, 2012). Gevolglik moet teelramme reeds van tien weke voor die aanvangs van die paarseisoen 'n hoë deurvloeiproteïengebaseerde prikkelvoer teen 'n beperkte peil (500 – 1 500 g/ram/dag), met vreetspasie vir elke ram, gevoer word. Indien die weiding skaars is, moet goeie kwaliteit lusernhooi ad lib. bygevoer word. As alternatief kan 'n volledige ramprikkelrantsoen gevoer word. Voldoende vreetspasie (± 60 cm/ram: Vipond & Greig, 2007), sodat alle ramme gelyktydig kan vreet, moet te alle tye beskikbaar wees.
Saadkwaliteit van teelramme kan verbeter word deur hulle vanaf agt weke voor die paarseisoen met koringkiemolie (± 25 ml/ram) een tot twee keer per week te doseer.
Enige stres, van watter aard ook al, veral as daar meer as een vorm van stres gelyktydig gebeur, kan die gehalte van die saad verlaag. Slegs geringe verhogings in liggaamstemperatuur vir kort periodes kan die vorming van lewensvatbare semen ontwrig (Wilson, 2003). Vermy alle stresvolle aktiwiteite (bv. skeer, dip, oormatige hantering, ensovoorts) korter as agt weke voor paring. Voorsien skaduwee in die vorm van koeltebome of skadunet gedurende warm tye (> 32°C) van die jaar om somersteriliteit te voorkom. Wanneer die temperatuur meer as 32 oC vir lang periodes is of 'n kort periode van baie hoë temperatuur (38°C of hoër) sal die produksie van lewensvatbare sperme nadelig beïnvloed word. Volwasse sperme wat volledig ontwikkel is en reeds in die bybal gestoor is, word baie minder geaffekteer as sperme in die ontwikkelende stadiums (Wilson, 2003). Indien 'n temperatuur van ongeveer 40°C vir 1½ tot 2 ure in die skrotum gehandhaaf word, sal 'n skerp styging in konsentrasie van morfologies abnormale sperme in die ejakulaat ongeveer 14 tot 16 dae later volgens Ramsem voorkom. Tydens ‘n hittegolf (meer as 41°C vir ongeveer nege ure) sal die sperme nie die eerste sewe tot 14 dae geaffekteer word nie, maar daarna sal die kwaliteit begin afneem (Refshauge, 2013).
Voldoende koel en skoon drinkwater moet te alle tye beskikbaar en so na as moontlik aan die skaduwee wees (Wilson, 2003).
Spermatogenese word beperk deur 'n chroniese en voortdurende tekort aan deurvloeiproteïen, energie en mikrovoedingstowwe (bv. spoorelemente en vitamienes), veral as dit gelyktydig gebeur (Salisbury et al., 1978; Thwaites, 1995a, b). Hierdie mikrovoedingstowwe moet ten minste twee maande voor die paarseisoen aangevul word (Sargison, 2008). Teelramme behoort dus drie maande voor die aanvang van die dekseisoen 'n spoorelementaanvulling te ontvang wat sink, mangaan en selenium asook vitamien A en E bevat om beide vrugbaarheid en weerstand teen siektes te maksimaliseer. Die spoorelemente sink, mangaan en koper is noodsaaklik vir die produksie van goeie gehalte semen asook vir 'n hoë geslagsdrang. Besetting verhoog indien ramme addisionele selenium ontvang (Vipond & Greig, 2007), want selenium is 'n kritieke komponent van die stert van die spermselle. Vitamien E plus Selenium verbeter die reproduktiewe prestasie van ramme in vergelyking met vitamien E-aanvulling alleen (Ali et al., 2009). Selenium verbeter beide die libido en semengehalte van ramme (Marai et al., 2009). Sink en vitamien A word ook vir spermproduksie benodig. Ramme wat sink- en vitamien A-tekorte het, het sagte testes (sagte balsindroom) en produseer swak gehalte semen (Wilson, 2003). Die tonus van die testes moet ferm en elasties wees en nie sag en pap nie (Jooste, 2013).


Bepaling van teelgeskiktheid van teelramme
Ondersoeke toon dat tot 33% van teelramme vrugbaarheid- en/of dekbehendigheid-probleme het (MacLaren, 1988; Harris, 2014). Neser (2012) het gevind dat tot die helfte van die ramme in 'n geslagsgeskiktheidtoets ooie nie eenkeer suksesvol in 20 minute kon dek nie. Ramme moet ongeveer ses tot tien weke (Greig, 2007) voor die paarseisoen aan 'n volledige teelgeskiktheidtoets deur 'n ervare veearts onderwerp word. Dit sluit 'n volledige fisiese ondersoek van die ram en sy geslagsorgane; evaluering en ondersoek van 'n semenmonster; meet van skrotumomtrek asook 'n dekbehendigheidstoets in. Daar moet terselfdertyd bepaal word of teelramme vry van enige geslagsiektes is en of hulle oor 'n hoë geslagsdrang beskik.
Dit is belangrik om daarop te let dat nie alle vet en onfikse teelramme onvrugbaar is nie, maar vet en onfiks is hoë risikofaktore. Die leuse is “Fit not Fat.” Oorvet, aangekoopte teelramme is dikwels ook onfiks en hulle moet oor 'n drie weke periode geleidelik “maerder” gemaak en stadig te begin oefen word voordat die voorgeskrewe prikkelvoeding en oefenprogram 'n aanvang neem.


Watter aktiwiteite is noodsaaklik vir die voorbereiding van teelramme?
Aangesien die produksiesiklus van sperme sewe tot agt weke duur, moet die voorbereiding van teelramme minstens twee maande voor die paarseisoen 'n aanvang neem (Henderson, 1990).
Ramme wat meer aktief (d.i. fikser met 'n hoër libido) is en ooie meermale tydens hulle hitteperiode dek, het 'n hoër besetting en meerlinggeboortes tot gevolg (Kilgour, 1993). Teelramme moet daarom vanaf minstens twee maande voor die aanvang van die paarseisoen topfiks gemaak word deur hulle daagliks vroegoggend of laatmiddag in die koelte van die dag vinnig te laat stap. Dit moet 'n geforseerde stap van 3 km/dag wees teen 'n tempo wat vinniger as 8 minute/km is.
Ramme moet minstens twee maal per jaar geskeer word om probleme met hittestres en brommeraanvalle te beperk. Paring moet egter verkieslik met kortwol (korter as vier maande; ongeveer 3,5 cm wolgroei) geskied. Langwol (> ses maande) verhoog hittespanning wanneer paring in warm weer geskied wat die geslagsdrang (libido) van ramme nadelig beïnvloed. Ramme met 'n langer wolgroei is ook meer vatbaar vir brommeraanvalle terwyl ramme met kortwol meer aktief en meer beweeglik is (Wilson, 2003).
Teelramme moet verkieslik nie korter as agt weke voor paring geskeer word nie omdat dit 'n negatiewe invloed op hul vrugbaarheid kan hê. Skeer gedurende warm maande moet verkieslik ongeveer drie maande voor die paarseisoen geskied. Indien skeer gedurende die warm maande van die jaar geskied, moet koelte vir die eerste paar weke na skeer voorsien word om " somersteriliteit" te voorkom, want kortwol (< twee maande) verhoog tydelike onvrugbaarheid indien die temperatuur meer as 36°C is. Om oorverhitting van die skrotum weens oormatige wolbedekking te voorkom, moet die wol op die skrotum tydens skeer ook afgeskeer word (Boundy, 1992; Greig, 2007).
Spuit die volle reeks Bloutongentstof (d.i. Bloutong A, B en C) jaarliks na die paarseisoen. Dit moet minstens drie weke uitmekaar gespuit word. Die laaste Bloutonginspuiting (d.i. Bloutong C) moet verkieslik nie korter as 12 weke voor die paarseisoen gespuit word nie. Alle ramlammers wat vir teeldoeleindes gehou word, moet tussen twee en vyf maande ouderdom met Rev. 1 vir Brucella Ovis (bybalontsteking of ramsiekte) gespuit word (Harris, 2014).
Teelramme moet verkieslik nie korter nie as ses weke voor die paarseisoen vir beide ronde- en neuswurm gedoseer word asook met 'n multiklostridiale entstof geënt word.


Aangekoopte teelramme en wurmweerstand
Teelramme moet minstens drie maande voor die paarseisoen aangekoop word sodat hulle voldoende tyd het om by die nuwe omgewing te akklimatiseer. Om die moontlike verspreiding van wurmweerstand deur aangekoopte teelramme te voorkom, moet hierdie ramme aanvanklik onder kwarantyn gehou en gedoseer word volgens die voorskrifte wat op www.landbou.com in die artikels: " Holistiese bestuur van interne parasiete by skape en bokke" en " Kwarantyn en behandeling" of op grond van die aanbevelings van jou plaaslike veearts en veeartsenyverteenwoordiger gegee word.


Samevatting
Vir die verhoging van reproduksietempo konsentreer produsente grootliks op die ooi deur dié wat gereeld 'n lam speen, te selekteer en ooie vir paring goed voor te berei (bv. prikkelvoeding). Die bydrae van teelramme tot 'n hoë reproduksietempo kan egter nie verontagsaam word nie. Teelramme moet daarom voorkeur en spesiale behandeling ontvang. Die fokus moet op maksimale testisgroei en spermproduksie asook goeie gesondheid en 'n hoë fiksheidspeil wees.
Tekens dat die ramme gereed is vir die paarseisoen, is dat die binne-gedeelte van hul dye (lieste) pers moet wees met heelwat was (vet/olie) teenwoordig (Greig, 2007). Die pers kleur en die voorkoms van die " vetterigheid" in die lieste moet progressief toeneem soos die paarseisoen nader kom (Henderson, 1990). Hul byballe moet die grootte van 'n tafeltennisbal wees (d.i. 2 – 3 cm in deursnit: Greig, 2007).
Ramme moet in die afseisoen ook in ‘n goeie kondisie gehou word en hulle moenie verwaarloos word nie. Voer hulle 'n lae vlak van een van die ramprikkelrantsoene (MLC, 2004).
Om volgehoue teeltvordering te verseker, moet minstens een derde tot ‘n helfte van die ramme jaarliks met nuwe ramme, wat verkieslik geneties beter is, vervang word ( Wilson 2001, McLennan & Knight 2003).

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026