Machel besoek Namibië

Invloed van ondervoeding getakel

09 December 2016 | Gesondheid
Henriette Lamprecht



Die kampvegter vir wêreldwye kinderregte, me. Graça Machel, en me. Leila Pakkala, die streekdirekteur vir oostelike en suidelike Afrika van die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef), is in Namibië om die regering se voortgesette pogings te ondersteun om ondervoeding onder kinders te verminder en hul regte te verwesenlik.

Tydens hul besoek van drie dae sal Machel en Pakkala topregeringsbeamptes, lede van die Nasionale Vergadering, burgerlike samelewing, VN-agentskappe asook ontwikkelingsvennote ontmoet. Die doel is om belegging in voeding te verhoog om sodoende beter opbrengste van alle ontwikkelingsdoelwitte te verseker. Besprekings sal voorts fokus op hoe om multi-sektorale vennootskappe te versterk in reaksie op struikelblokke wat in die weg van goeie voeding, onderrig en vroeë kinderontwikkeling staan.

“Namibië se suksesse en vordering in kinderoorlewing en in die stryd teen ondervoeding, is die gevolg van voortgesette vennootskappe wat ons met VN-agentskappe, rolspelers in die burgerlike samelewing en vooraanstaande voorspraakmakers vir kinderregte het,” het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gesê.

“Die besoek van beide me. Machel en me. Pakkala is daarom ''n welkome versterking van die regering se voortgesette pogings om die skadelike uitwerking van ondervoeding op die gesondheids- en maat­skaplike ontwikkeling van Namibië se kinders aan te pak. Voorts vind dit algemene oplossings vir dié uitdaging.”

Ondervoeding veroorsaak onomkeerbare skade aan die fisieke en geestelike ontwikkeling van ''n kind. ''n Kind wat hierdeur geraak word, veral in die eerste duisend dae van sy of haar lewe, sal nie sy volle fisieke en intellektuele potensiaal in die toekoms bereik nie. Volgens ''n verklaring deur Unicef het Namibië in die lig hiervan pogings verskerp om die verskeie maatskaplike en ekonomiese ongelykhede te verminder wat die toestand beïnvloed.

Die verklaring lui voorts prysenswaardige vooruitgang is in Namibië gemaak om sterftes en siektes as gevolg van algemene kindersiektes, waaronder ondervoeding, te maak. Sterftes onder kinders onder die ouderdom van vyf jaar is verlaag van 4 200 per jaar in 1990 tot minder as 3 000 in 2013, terwyl sterftes onder swanger vroue oor dieselfde tydperk van 449 per 100 000 lewende geboortes tot 385 per 100 000 lewende geboortes afgeneem het.

Meer as 84% van die bevolking het toegang tot veilige drinkwater, ''n sleutel-ingryping om die voorkoms van diarree weens die verbruik van besmette water te verminder. Die persentasie ondergewig kinders het van 17% in 2006 tot 13 persent in 2013 afgeneem, terwyl groeivertraging van 29% tot 26% gedaal het.

“Soos ons die suksesse vier wat ons met ons kinders en hul families behaal het, moet ons nie die baie werklike impak van ondervoeding in Afrika vergeet nie. Baie kinders, veral dié in landelike en droogtegeteisterde gebiede, dié wat deur MIV geraak word of dié uit arm huishoudings, dra steeds die gevolge van ondervoeding, ''n toestand wat voorkom en bestuur kan word,” het Machel gesê.

Die besoek van Machel en Pakkala volg op ''n besoek in 2012 deur Machel aan Namibië waartydens die regering sy bereidwilligheid en verbintenis bevestig het om samewerking en vennootskappe te versterk om ondervoeding te beveg. Die besoek bou voort op die voortgesette samewerking tussen die regering, die Namibiese Alliansie vir Verbeterde Voeding (NAFIN) en Unicef.

Sedert die besoek in 2012 het Unicef die regering ondersteun op die gebied van betrokkenheid by ander SADC-lande om beleidsrigtings en programme op te stel om voeding doeltreffend te verhoog.

“Dit is Unicef se plig en belofte om te verseker dat alle kinders beskerm word teen die bedreiging en impak van ondervoeding,” het Pakkala gesê.

“Ons sal voortgaan om ons steun aan regeringspogings te verleen om ondervoeding te voorkom en aan te pak deur onder meer die aangaan van vennootskappe wat vir kinders in die bresse tree.”

Soortgelyk

 

Tronkstraf vir Rust

9 ure gelede | Howe

GesubJana-Mari Smith – Kai Rust, die boer van Okahandja, wat aan strafbare manslag skuldig bevind is ná die skietdood van mnr. Andreas Ukandanga (41) wat...

Visserye: Die poppe gaan dans

9 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne sal binnekort ‘n puntekaart instel om groter plaaslike eienaarskap en deelname aan bestuur en bedryf...

NamPower makes progress in biomass field

9 ure gelede | Energie

Ogone Tlhage - NamPower is confident that biomass power stations will start feeding the national grid in due course. The power utility has in the...

Een botsing eis vyf

9 ure gelede | Ongelukke

Henriette Lamprecht'n Saak van strafbare manslag word ondersoek ná 'n grubotsing Vrydag op die hoofpad tussen Ondangwa en Eenhana.Die ongeluk het Vrydag omstreeks 22:30 naby...

Trotse Prinsloos oor nuwe Hollywood-pienkvoet

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer“Om jou kleinkind die eerste keer vas te hou, is 'n wonderlike ervaring. En dit was hierdie keer weer so.”Só het past. Boet Prinsloo...

Weer vir 19 Februarie

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie...

Gemeenskap groet oom Giel, tannie Sarie

9 ure gelede | Mense

Albe Snyman op Koës – Daar was nie ’n droë oog in die kerkgebou toe daar Vrydag op Koës afskeid geneem is van die geliefde Botma-egpaar, Giel...

Plans for Karibib VTC in infant stage

9 ure gelede | Onderwys

The vocational training centre planned for Karibib might only open next year, if funds allow.Windhoek Vocational Training Centre (WVTC) manager, Paulus Haukongo, said the plans...

Suid-Afrikaners het weer hoop

9 ure gelede | Politiek

Die bedanking Woensdagnag van pres. Jacob Zuma en die inhuldiging van mnr. Cyril Ramaphosa as Suid-Afrika se nuwe president Donderdag, het vir Suid-Afrikaners, wat sat...