Maaskaas-driehoektert
Bestanddele:
· 250 g botter
· 200 g (250 ml) strooisuiker
· 2 eiers, geklits
· 500 g geroomde maaskaas
· 5 ml vanieljegeursel
· 1 x 200 g-pak tennisbeskuitjies
· 100 g glanskersies
Metode:
Klop botter en strooisuiker tot ’n ligte roommengsel. Voeg geklitste eiers by en klop goed met ’n houtlepel. Voeg maaskaas en vanieljegeursel by en meng baie goed tot die hele mengsel ’n romerige tekstuur het. Pasop net vir oorklop, anders is die mengsel te loperig. Voer ’n driehoekkoekpan van 20 cm met kleefplastiek uit. Pak ’n laag koekies teen die twee kante van die pan. Skep helfte van maaskaasvulsel in pan en smeer gelyk. Pak kersies in die middel van die vulsel in ’n ry. Skep oorblywende vulsel in pan en smeer gelyk. Pak nog ’n laag koekies bo-op die vulsel. Plaas pan in vrieskas en vries oornag. Sodra dit gevries is, lig tert met behulp van kleefplastiek uit pan. Plaas op dienbord en sny dadelik in skywe. Sit voor.
Genoeg vir 1 tert
-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie