Maanligresies
YVONNE BURGER SKRYF:
Ek was van plan en baie ernstig ook om die Moonlight Run-fietsresies na Swakop toe te doen vanaf Windhoek.
Weke lank het ons oor niks anders gesels nie. Ek het gesorg dat ek genoeg oefen en al die nodige goed aanskaf wat saam met dit gaan. Ek was reg vir die storie.
Die dag van die Moonlight Run het aangebreek met 'n amper feestelike atmosfeer soos vriende en familie bymekaargekom het om af te laai en af te sien. Als het goed begin en almal het lekker fluks getrap sodat die kilometers verbygevlieg het.
Namate dit donker geraak het en die maan sy wit lig oor die fietsryers uitstraal, het ek al hoe stadiger begin trap in verwondering oor hoe buiteruimtelik alles gelyk het as ek nie my musiek in my ore aan het nie, want dan heers daar 'n doodse stilte.
Al hoe stadiger trap ek in verwondering. Tot ek later gaan stilstaan met die fiets en heel in gedagte vir my 'n kalmmaakpypie opsteek, in absolute vrede rook en net wees in die maanverligte landskap.
Die laaste fietsryers kom verby en verdwyn uit my sig. Kalmte heers om my en met 'n vreedsame sug sit ek die fiets neer, haal die valhelm af, gaan lê op die naat van my rug, arms gevou onder my kop, en . . .
Die maan skuif agter 'n wolkie in en ineens staar ek na die mooi sterre in ons heelal. Die skouspel was fabelagtig.
Met 'n glimlag op my gesig moes ek aan die slaap geraak het.
My telefoon se lui maak my wakker. Ek knip, knip my oë en skrik. Waar die duiwel is ek?
Styf, styf kom ek orent, sit en bekyk die wêreld heeltemal gedisorienteerd. Tot ek my fiets langs my sien.
Ek onthou met 'n grinnik my verwondering aan die buiteruimtelike, maanverligte landskap.
Dit was 'n anderste, maar goeie ondervinding.
Ek kyk op die foon wie het gebel en dink by myself ek moet die mense seker laat weet ek is oukei. En dat ek maar terug moet draai Windhoek toe, want dit is nou definitief die naaste.
Sal maar groot verskoning maak en moet dink wat gaan ek sê . . .
Al dinkende ry ek rustig terug na Windhoek.
Dit was 'n fantastiese ervaring en volgende jaar gaan ek weer probeer.
Is daar sterre op 'n maanskynnag? Is dit 'n volmaan oor die renne?
Miskien het daar 'n wolk voor die maan ingeskuif wat 'n towerspel van sterre in die swart heelal laat verskyn en my in absolute verwondering tot stilstand gebring het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie