Maak veiligheid jou prioriteit

Hier is wenke vir jou en jou gesin wat daagliks gebruik kan word.
Mariselle Stofberg
Mariselle Stofberg - Die teenwoordigheid van misdaad in die land kan nie ontken word nie, maar 'n mens voel dikwels dit sal nie sommer met jou of jou gesin gebeur nie.

Dit is egter belangrik om te alle tye voorbereid te wees, want wanneer ’n krisis tref, kan hierdie voorbereiding ’n moontlike tragedie voorkom. Republikein het veiligheidswenke en noodnommers saamgestel wat inwoners kan gebruik om die nuwe jaar meer voorbereid en bemagtig te trotseer.

Nampol se wenke teen inbrake

Die meeste huisinbrake word volgens Nampol deur geleentheidsmisdadigers gedoen.

Dit is individue wat op soek is na geleenthede waar maklike toegang tot jou huis of perseel verkry kan word. Die grootste wapen wat individue teen misdadigers het, is moeite, tyd en geraas. Inbrekers is op soek na vinnige, maklike teikens. Die motivering om by ’n huis in te breek waar dit langer neem en meer geraas veroorsaak om toegang te verkry, is minder as by huise wat beskou word as maklike teikens. Nampol stel ’n paar wenke op sy webtuiste beskikbaar om dit moeiliker vir booswigte te maak om toegang tot jou huis te kry.

1. Plaas skerp voorwerpe soos spykers in potplante wat op die vensterbank staan. Dit maak dit moeiliker vir mense om deur die vensters toegang te kry.

2. Gruis (spesifiek iets soos “pea-shingle”) kan in die beddings en op paadjies in die erf geplaas word, wat dan geraas sal maak indien iemand daarop beweeg.

3. Glasdeure word beskou as ’n maklike toegangspunt omdat dit uitgeslaan kan word indien iemand toegang wil verkry. Indien iemand van geharde gelamineerde glas gebruik maak (wat twee velle glas is met ’n vel plastiek tussenin) is dit moeiliker om die glas uit te slaan.

4. Dit is ook belangrik om aandag te gee aan jou huis se deure. Maak seker die deure se skarniere is stewig vas om dit moeiliker vir inbrekers te maak om in te kom.

5. ’n “Five-lever mortice deadlock” is die beste slot om in 'n deur te sit. Indien die deur te dun is vir hierdie tipe slot, is ’n grendel (“deadbolt”) ook ’n goeie opsie om te gebruiik.

6. Maak seker jou huis is toegerus met ’n alarmstelsel, indien jy dit kan bekostig.

7. Los altyd ’n lig of twee aan indien jy nie by die huis is nie. Wees selektief oor watter ligte jy aanlos, want dit moet vir ’n buitestander lyk asof iemand in die huis is.

8. Plaas sekuriteitsligte hoog genoeg van die grond af sodat dit moeiliker vir inbrekers is om daarmee te peuter. Dit is belangrik om ’n lig naby die voordeur te plaas sodat jy maklik jou sleutels kan kry, maar ook enige persoon kan identifiseer wat by die deur wil inkom. Ligte moet ook afwaarts gerig wees sodat dit nie op bure se vensters of deure skyn nie.

Sluit aan by ’n buurtwag

Die samewerking tussen die buurtwag en Nampol speel ’n baie groot rol in die bekamping van misdaad.

Me. Atousa Fischer-Buder, voorsitter van die Khomasstreek-gemeenskapsake waaronder die onderskeie buurtwaggroepe in Windhoek val, is van mening dat misdaad nie net sekere individue raak nie, maar die hele gemeenskap beïnvloed.

“Die polisie doen wat hulle kan, maar die reg is eenvoudig nie in staat om misdadigers agter tralies te hou nie. Dieselfde misdadigers word keer op keer gevang en weer vrygelaat, ondanks die polisie se pogings om die gemeenskap te beveilig. Dit is juis hiér waar die belangrikheid van gemeenskapspolisieforums beklemtoon moet word.”

Die Khomasstreek spog met meer as 51 buurtwaggroepe, wat deel vorm van hierdie gemeenskapspolisieforums onder die beheer van Nampol. Hierdie groepe word wettig gevorm en werk saam met Nampol om misdaad te bekamp.

Fischer-Buder beklemtoon die belangrikheid van betrokkenheid by die buurtwag en om saam met die polisie te werk om misdaad te bekamp.

“Hierdie sterk verhouding tussen Nampol en die onderskeie buurtwaggroepe maak dit moontlik om saam misdaad in ons gemeenskappe teen te staan. Direkte kommunikasiekanale word tussen die buurtwag en Nampol geskep, wat die reaksietyd op misdaad verminder.” Volgens Fischer-Buder help die oplettendheid en samewerking van die buurtwag Nampol om vinniger te reageer in tye van nood.

Groepe wat nie by Nampol geregistreer is nie, word nie as wettig beskou nie en loop gevolglik die risiko om gearresteer te word.

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het dit weer beklemtoon nadat ’n groep wat die reg in hul eie hande wou neem, in hegtenis geneem is. “Geen groepe wat optree as vigilante sal toegelaat word nie. Hierdie groepe wat nie die voorgestelde drag aan het nie, loop die risiko om gearresteer te word.”

Fischer-Buder beklemtoon die probleem wat hierdie vigilantegroepe veroorsaak. “Dit belemmer die werk van die polisie en die geregistreerde groepe. Hulle mislei die publiek deur te sê hulle is deel van die polisie, met sommige groepe wat selfs geld vra vir hul diens. Buurtwaggroepe gee vrywillig hul tyd en hulpbronne om die polisie by te staan, en vra nie geld vir die onbaatsugtige diens wat hulle lewer nie.”

Fischer-Buder sê die gemeenskap moet besef Windhoek is nie ’n paradys waar misdaad nie voorkom nie. “Dit is belangrik vir die gemeenskap om by ’n wettige en geregistreerde buurtwag, netwerk of misdaadvoorkomingsgroep aan te sluit sodat ons as ’n eenheid saam kan staan om misdaad te bekamp.”

Buurtwag se veiligheidswenke

1. Kyk rond vir verdagte voertuie en mense by of naby jou huis indien jy saans by die huis kom.

2. Wees op die uitkyk vir enige vreemde voorwerpe voor jou huis wat kan dien as tekens vir misdadigers. Hierdie tekens kan inligting oor jou huis of gesin weergee, en kan in die vorm van klippe, stokke, rommel en enige ander voorwerpe aangetref word.

3. Moenie enige voorwerpe wat gebruik kan word as wapens teen jou en jou gesin in die erf laat rondstaan nie. Sluit eerder tuintoerusting (soos 'n leer, graaf en tuinvurke) en ander gereedskap toe.

4. Moenie aanloklike items soos fietse, motorfietse of persoonlike items wat moontlik misdadigers kan lok, laat rondlê in die erf nie.

5. Moenie deure, vensters, hekke, blindings en gordyne oop laat nie.

Selfverdediging

Francois Dames, ’n instrukteur en leier van die opleidingsentrum van Truekrav Namibië, sê hy weier om in vrees te lewe en wil graag ander help deur hulle te bemagtig met die nodige vaardighede om hulself te kan beskerm.

“Dit is waarom ek my werk geniet, want ek kan ander help om nie in vrees te lewe nie.”

Truekrav bied ware gevegsopleiding aan. Lede ontvang fisieke en sielkundige afrigting wat individue in staat stel om ’n aanval deur ’n misdadiger te oorleef. Dames het al met slagoffers van geslagsgeweld, verkragting en aanvalle gewerk om aan hul die fisieke en emosionele vaardighede te gee om deur hierdie trauma te werk, maar ook voorbereid te wees vir enige soortgelyke situasie in die toekoms.

Dames sê dit is belangrik om nie opstandig te word tydens ’n aanval nie. “Gee die aanvallers wat hulle soek, want dan voel hulle hulle is in beheer. Sodra hulle in beheer voel, raak hulle op hulle gemak. Dit gee aan jou die element van verrassing en ook meer beheer tydens die situasie.”

Aardse goed kan vervang word, maar jou lewe kan nie.

Verder sê Dames dit is belangrik om nie die aanvallers in die oë te kyk nie, maar steeds jou oë op hulle bors gerig te hou. “As jy na iemand se bors kyk, is dit moontlik vir jou om die aanvaller se hele liggaam dop te hou. Sodoende kan jy enige wapens en skielike bewegings sien kom. Probeer ook jou gesig beskerm sonder om jou visie te versper.”

Analiseer die situasie voor jy enige skielike bewegings maak. Moenie die situasie vererger deur oorhaastige keuses te maak nie. “Dit gee aan jou meer beheer oor die situasie, wat moontlik jou lewe kan red. Ons is geneig om dadelik net te wil baklei, maar dan kan jy moontlik deur ’n wapen oorweldig word wat jy nie eens sien kom het nie,” sê Dames.

Volgens hom is dit ook belangrik om jou aanvaller se gedrag en bewegings deeglik te analiseer. “Het hulle enige wapens? Is hulle aggressief? Is daar moontlik dwelms betrokke? Is hulle net hier om jou besittings te steel, of is daar tekens dat hulle meer aan jou wil doen? Dit alles kan bepaal hoe jou gaan reageer en kan moontlik jou lewe red.”

Selfverdedigingsmeganismes soos ’n pepersproei of 'n wapen kan moontlike probleemareas word. “Jou pepersproei of wapen is nie altyd aan jou persoon nie en die oomblik wat jy na iets reik, kan jy die situasie moontlik vererger. As jy pepersproei koop, is dit belangrik om te weet watter soort jy aankoop, want dit kan ’n baie groot verskil maak.”

Dames beklemtoon daarom die belangrikheid van behoorlike selfverdediging, want dan hoef jy nie altyd staat te maak op iets anders as die vermoë en vaardighede wat jy het om jouself te beskerm nie.

Jou gewig, vlak van fiksheid, ouderdom, geslag of selfs jou spoed is nie die oorwegende faktore wanneer jy jouself in ’n moontlike gevaarsituasie bevind nie.

“Vroue wat baie kleiner as ek is, het my al vasgepen op die grond. Die doelgerigtheid en aggressie van jou bewegings is dít wat die verskil maak.”

Besoek Truekrav se webtuiste of Facebook vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029