Maak my Famous!
Maak my Famous!

Maak my Famous!

Leandrea Louw
Leandrea Louw - Twee broers van Walvisbaai maak vinnig naam in die musiekbedryf.

John-Raymond (JR) Cupido van Walvisbaai is een van 48 finaliste wat gekies is vir Maak My Famous.

Dié talentkompetisie word op kykNET aangebied deur die Suid-Afrikaanse akteur en musikant Emo Adams. Die tweede seisoen daarvan skop vroeg volgende jaar af.

JR is nie al musikale een in die familie nie. Sy jonger broer, Keenen Carelse, het laas week met N$50 000 weggestap as wenner van die eerste aanbieding van Visible Talent Namibia, 'n plaaslike talentkompetisie.

JR sê dit is ‘n “nederige voorreg” om deel van Maak my Famous te kan wees.

“Ek moet elke keer die bevestiging in die WhatsApp-boodskap lees en vir myself sê: JR, jy gaan werklik deelneem aan die kompetisie.”

Hy sê hy het daarvoor ingeskryf omdat dit ‘n behoorlike hupstoot vir sy musiekloopbaan kan gee.

“Die inskryfproses was redelik maklik. Jy moes ‘n video van jouself maak waarin jy jouself voorstel en ‘n liedjie sing. My liedjie was Adele se ‘All I Ask’.

“Ek is ‘n groot aanhanger van Emo Adams en dit sal vir my ‘n groot voorreg wees om saam met hom op ‘n verhoog te kan wees. Die kompetisie sal beslis ook die nodige blootstelling vir my musiekloopbaan gee. Ek gaan om te gaan wen, vir seker, maar ek gaan die ervaring net so baie geniet.”

JR sê hy en sy paspoort moet vanaf 11 Februarie 2020 beskikbaar wees vir Maak my Famous, met ook ‘n paar liedjies van sy keuse wat hy goed ken en sy vokale vermoëns toon.

Hy is al tien jaar in die musiekbedryf en het op 14-jarige ouderdom begin sing. JR kan ook tromme en klavier speel.

“Ek is baie, baie dankbaar vir my ouers wat nog altyd in my geglo en my ondersteun het. As dit nie vir hul aansporing was, het ek dalk nooit ingeskryf nie.”

Sy broer Keenen is uit duisende inskrywings vir Visible Talent Namibia gekies vir die eerste groep van 150 waarna verskeie uitdunrondes gehou is. Daar was 32 deelnemers in die finaal. Daartydens het Keenen die beoordelaars genoeg beïndruk met sy weergawe van Bruno Mars se “Treasure” om met die wenprys weg te stap.

“Ek is vreeslik opgewonde," sê Keenen. "Dit is die grootste hoogtepunt van my musiekloopbaan tot dusver. Ek het vyf jaar gelede beging sing, in die Gekombineerde Skool Flamingo se koor.”

Keenen sê JR en hul ouers het tot dusver ‘n groot rol in sy sukses gespeel. “Hulle moedig my altyd aan, en as ons ouers weet hulle presies waar ons potensiaal lê.”

Hou dié broers dop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!