Maak kinders deel van die toekoms

Die Namibië Robotskool berei hul leerlinge vir die toekoms voor deur hul vaardighede in probleemoplossing met die gebruik van tegnologie op te skerp.
JUSTISIA SHIPENA
Justicia Shipena



Met tegnologie wat daagliks verander, word voorspel meer as die helfte van die land se jeug sal in die toekoms beroepe beoefen wat nog nie eens bestaan nie.

Wat oorspronklik as 'n naweekaktiwiteit begin het, het tot die ontstaan van die Namibië Robotskool gelei.

“Ons het groepsessies vir kinders aangebied. Die belangstelling wat in die sessies getoon is, het ons gemotiveer om met 'n volskaalse robotskoolkonsep en -klasse te begin,” sê me. Elna Mukasa, die skool se be­stuurder.

Volgens Mukasa is haar span die heeltyd besig om 'n omgewing te skep waar leerlinge alles kan leer wat sy en haar span graag op daardie ouderdom sou wou leer.

“Ons is bewus van die krag van tegnologie en die toekoms wat dit vir innovasie inhou, en dus wil ons sien hoe die Namibiese jeug opgelei word in gevorderde tegnologie, want dit groei en verander teen 'n ongelooflike spoed,” sê Musaka.

Die skool is in Windhoek geleë en kinders tussen die ouderdomme van drie en 14 kan inskryf.

Die skool se span bestaan uit ontwerpers, sagteware-ingenieurs en elektronika-entoesiaste. Inskrywings word jaarliks aanvaar.

“Jy doen aanlyn aansoek en klasse is van Januarie tot Desember, maar weens die Covid-19-pandemie moes ons die gewone roetine effens aanpas,” het Musaka gesê.

Sy sê die klasse het intussen weer met kleiner groepe hervat en ouers wat hul kinders wil inskryf, kan die skakel http://robotschool.info besoek.

Sy voeg by leerlinge se vaardighede groei ongelooflik deur die skool, waar hulle onder meer leer om robotte te bou en te kodeer.

“Een voorbeeld is ons preprimêre klas wat elektriese vervoermiddels bou wat passasiers optel en by hul volgende bestemming aflaai, wat soortgelyk is aan Google se slimvoertuie van die toekoms. Een van ons leerlinge is moontlik die wêreld se volgende Elon Musk!” het Musaka trots gesê.

Sy sê toe die skool se deure oopgemaak het, was daar niks soortgelyk vir Namibiërs beskikbaar nie, en moes hulle die konsep bemark en ouers help om te verstaan hoe belangrik dit vir kinders is om tegnologie te verstaan en te gebruik.

“Dit was aanvanklik moeilik om aan die gang te kom, maar die stigters het die skool se groei met hul eie beleggings ondersteun en die span groei daagliks van krag tot krag.”



NUWE NORMAAL

Die Covid-19-pandemie het uitdagings vir die skool geskep, wat in 'n stadium oorweeg het om hul deure te sluit.

Hoewel die skool meer as 100 leerlinge gehad het, het die getalle dras­ties tydens die gepaardgaande inper­kings afgeneem.

Met die uitdagings wat die skool in die gesig gestaar het, het hulle met innoverende maniere vorendag gekom om hul deure oop te hou en steeds aan regulasies te voldoen.

“Ons het na 'n groter en beter ligging geskuif, alles ontsmet en selfs 'n robot gebou wat kan ontsmet. Ons het ook die grootte van ons klasse van tien tot vyf verminder,” sê sy verder.

Daar was 'n gebrek aan persoonlike interaksie met leerlinge toe die skool met aanlyn klasse begin het.

“Ons het vinnig besef leerlinge presteer beter in 'n praktiese leeromge­wing en dat ons hulle kan help om beter te verstaan en te leer.”

Musaka sê mense maak daagliks gebruik van tegnologie en met die nuwe 'Industry 5.0' gaan meer geleent­hede beskikbaar wees om sagte- en hardeware te kombineer om nuwe innoverende produkte en dienste te skep.

“Ons raad is om van ons klasse gebruik te maak en te sien waaroor dit gaan, opgewonde te raak oor die gebruik van tegnologie en kreatiwiteit en idees in produkte te omskep, wat gaan help om jou deel van die toekoms te maak,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%