Ma mishandel peuter glo, verfilm dit
Ma mishandel peuter glo, verfilm dit

Ma mishandel peuter glo, verfilm dit

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



'n Vrou van Hentiesbaai is agter tralies nadat sy die naweek haar babaseuntjie na bewering aangerand, probeer versmoor en dit op video vasgelê het.

Die 28-jarige vrou van die Omdel-nedersetting op die dorp het die video waarin sy haar seuntjie van 'n jaar en ses maande oënskynlik aanrand, glo aan die seuntjie se pa en voormalige kêrel gestuur.

Hy het die verhouding met die vrou na wat verneem word vroeër beëindig.

Volgens konst. Kristopherus Eita Mbundje het die vrou op twee klagte in die landdroshof op Swakopmund verskyn.

Die klagte teen haar is poging tot moord en aanranding.

Volgens Mbundje het die vrou die seuntjie herhaaldelik deur die gesig geklap en probeer vermoor.

Die seuntjie is uit haar sorg verwyder en word tans by Kids Haven op Walvisbaai versorg.

(Republikein verswyg die ma se identiteit om die minderjarige kind te beskerm.)

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A