Ma hoop seuntjie leef nog nu00e1 22 jaar
Ma hoop seuntjie leef nog nu00e1 22 jaar

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar

Langer as twee dekades nadat ’n negejarige seuntjie verdwyn het, het sy gesin nog nie moed opgegee nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe nog.

Klein Matthew Ohlsson (9) het op Maandag 24 Maart 1997 die vullisdrom in Delheimeinde, Westridge, Mitchellsplein, uitgeneem en is nooit weer gesien nie.

Die desperate gesin het hulle intussen tot ’n private speurder, mnr. Johan Beukes, gewend in die hoop om hom lewendig op te spoor.

Sou hy nog lewe, behoort Matthew tans ’n 31-jarige volwasse man te wees.

Beukes sê uit Kaapstad die seuntjie is daardie noodlottige Maandag laas deur sy suster, me. Melanie Ohlsson, gesien.

“Nadat die moeder (me. Michelle Ohlsson) en die suster ontdek het hy is vermis, het hulle onmiddellik na hom begin soek, maar tot op hede sonder sukses.”

Hoewel Matthew en sy gesin geen direkte skakel met Namibië het nie, het hulle besluit om álles te probeer om vas te stel waar hy hom bevind, sê Beukes uit die buurland.

“Ek dink die outjie leef steeds,” sê hy via WhatsApp.

Enigiemand wat oor enige inligting beskik oor waar Matthew homself bevind, kan met Beukes in verbinding tree by [email protected] of +27 87 510 0465.

Die polisiesoektog het ook tot dusver geen lig op Matthew se verdwyning gewerp nie, sê Beukes.

Hoewel sy gesin nie meer by dieselfde adres woon nie, woon hulle in daardie buurt, sê die private ondersoeker.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer