Lynne Brown bedank
Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, het gister die bedanking van Lynne Brown, voormalige Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, as ANC-LP, bevestig.
Sy was een van die slagoffers van pres. Cyril Ramaphosa se eerste kabinetskommeling die afgelope Maandag.
Brown het haar in 2014 as ANC-LP by die Nasionale Vergadering aangesluit nadat sy vroeër in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer tussen 1994 en 2014 in verskeie hoedanighede gedien het.
Luidens 'n kort verklaring van Mthembu se kantoor het Brown haar dankbaarheid teenoor die mense van Suid-Afrika en die ANC uitgespreek vir die geleentheid om die mense te dien.
“Ons is vol vertroue dat sy sal voortgaan om die land en ons beweging te dien in ander hoedanighede in die toekoms. Ons wens haar sterkte toe,” lui die verklaring.
Brown is daarvan beskuldig dat sy kop in een mus met die Gupta-broers wat met staatskaping verbind word.
Sy het glo versuim om die kontrakte of ooreenkoms tussen Eskom en Trillian, wat aan die Gupta-familie gekoppel is, aan die parlement te openbaar. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie