Luister vs. hoor vir beter welstand van jou kind (Deel 1)
Dit is alombekend dat die doel van luister is om aandag te skenk aan iemand of iets om te hoor wat gekommunikeer word, om hierdie inligting te verwerk en te reageer waarop gekommunikeer word.
“Luister” se sterk en swak punte speel ’n deurslaggewende rol in hoe gekommunikeerde boodskappe deur die persoon aan die ontvangkant ondervind word. Deur te werk met die Tomatis® Metode by die Instituut vir Sielkunde en Welstand aan die Noordwes-Universiteit, verduidelik Annelize Bonthuys, 'n voorligtingsielkundige, die sielkundige impak van luistervermoë se sterk en swak punte wat van groot belang is wanneer dit oor die welstand van 'n kind handel.
“Dit is belangrik om te onderskei tussen ‘gehoor’ en ‘luister’. Gehoor, wat gedefinieer word as die passiewe ontvangs van ’n klank, raak eers luister wanneer dit doelbewus en aandagtig gedoen word op ’n manier wat op ’n emosionele vlak aanvaarbaar is. ’n Kind kan dus perfek hoor, maar steeds sukkel om te luister.”
Luister regulasie: die “self” en “ander”
Bonthuys sê alle mense luister deur middel van twee stelsels: eksterne en innerlike luister. “Eksterne luister is hoe ons na die eksterne wêreld luister en innerlike luister is die wyse waarop ons na onsself luister. Hierdie twee stelsels is albei ewe belangrik en het albei ’n impak op die emosionele beskikbaarheid van ’n kind om ’n goeie luisterende oor te hê. ’n Kind wat meestal na die ‘self’ luister, kan as onttrekkend, stil, in sy/haar eie wêreld en teruggetrokke voorkom, waar ’n kind wat meestal na die eksterne wêreld luister, beskou word as afhanklik, maklik beïnvloedbaar deur maats en onseker lyk wanneer besluite geneem word.”
Op ’n sielkundige vlak: hoe meer hierdie twee luisterstelsels met mekaar op ’n gebalanseerder manier saamwerk, hoe groter is die kind se vermoë om onafhanklik te werk en in verbinding met die omgewing te wees. “Ons kan dit goed gebalanseerde regulering van luister noem.”
Luister sterk punte en sielkundige aanpassing
Elke dag in ’n kind se lewe is gevul met geleenthede om hul luistervaardighede te gebruik. Hul ore is meer gereed om klank te aanvaar wanneer hulle in ’n aangename ontmoeting met goeie gevoelens en emosies is, en ander kere minder gereed wanneer hulle angstig voel, onsekerheid of onaangename emosie ervaar.
“Dit word dikwels gesien onder kinders wat leer- en sosiale probleme ondervind. Wanneer hulle onveilig, onseker en angstig voel, is hulle geneig om te onttrek en net te hoor (as ’n manier om hulself te beskerm), nie noodwendig te luister nie. Dit het 'n direkte invloed op die kind se vermoë om dan aan ouers en onderwysers aandag te gee,” sê Bonthuys.
Die dominante, luisterende oor speel ook ‘n belangrike rol in hoe 'n kind luister en reageer, nie net vir die omgewing nie, maar ook om die “self”. ’n Kind wat oorwegend met die “logiese” regteroor luister, se optrede sal heelwat verskil van ’n kind wat met ’n “emosionele” linkeroor luister. Dieselfde boodskap wat gekommunikeer word, kan verskillend by twee kinders verwerk word, byvoorbeeld wanneer ’n onderwyser sê: “Kinders waarom is jul Wiskundeboek nie reeds op jul lessenaars nie?” Die kind wat met die logiese oor luister, sal waarskynlik dink: “Ek het dit bloot nog nie uit my sak gehaal nie,” en sal voortgaan om dit te doen. Die kind wat met ’n emosionele oor luister, sal waarskynlik dink: “Ek het iets verkeerds gedoen, die onderwyser is kwaad vir my,” en sal nog meer tyd in beslag neem voordat die boek uitgehaal word. Gewoonlik sal die onderwyser dan weer aan die kind die opdrag herhaal, wat dit vir die kind nog moeiliker maak om te reageer.
Bonthuys sê deur jy jou kind se sterk- en swak luistervermoë te ken, kan jou as ouer help om te verstaan waarom hy / sy reageer soos hulle doen en stel jou in staat om die kind dan te ondersteun met die emosionele aanvaarbaarheid van boodskappe wat hulle ontvang.
Annelize Bonthuys is ’n voorligtingsielkundige by die Instituut vir Sielkunde en Welstand aan die Noordwes-Universiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie