Luiperd val plaaswerker aan
'n Plaaswerker (39) herstel in die Rundu-staatshospitaal nadat 'n luiperd hom Sondag aangeval het.
Mnr. Petrus Hamutenya is in die hospitaal met ernstige en minder ernstige beserings aan sy linkerelmboog, regterbeen en linkervoet opgeneem, en sy toestand het intussen gestabiliseer.
Die luiperd het Hamutenya op 'n plaas noordwes van Rundu in die Kavango-Wesstreek aangeval toe hy en sy vriende probeer het om die roofdier te soek, wat glo die vorige nag 'n kalf gevang het.
“Die honde het begin blaf en na ons toe teruggehardloop," het Hamutenya gesê.
"Die luiperd het ons begin jaag. My vriende het verby my gehardloop en toe ek omdraai, was dit te laat. Die luiperd het my aan my elmboog gegryp en ek het geval."
Hamutenya vertel die luiperd het aangehou om met hom te stoei tot sy vriende tot sy redding gekom het. Die dier is deur 'n buurman geskiet, wat Hamutenya na die Mpora-kliniek geneem het. Hy is later na die Rundu-staatshospitaal oorgeplaas.
Mnr. Chrispin Nkonkwena, die ministerie van die omgewing en toerisme se hoofbewaarder in die Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek, het gesê hy is nie bewus van die voorval nie.
Hy het ’n beroep op mense gedoen wat gevaarlike wilde diere teëkom, om hulle nie te konfronteer nie, maar om liewer die ministerie se naaste kantoor te kontak. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie