Luiperd by Spitzkoppe
Mnr. Jandre Germishuizen het onlangs die uitsonderlike ervaring gehad om 'n luiperd by Spitzkoppe te sien. “Die bestuurder van 'n lodge het vir my gesê hulle het tekens van 'n luiperd in die omgewing gesien. Ek weet daar is geen foto's van die dier daar geneem nie. Ek het ook gedink die moontlikheid om een te sien, is amper nul,” het hy gesê. Een namiddag het die bestuurder hom geroep en na 'n groot rots gewys. “Ek kon my oë nie glo toe ek 'n luiperd onder die groot rots, sowat 300 m van ons af, sien lê nie. Ek was seker al 100 keer by Spitzkoppe en kon nie glo iets só wonderlik skuil daar nie. Dit was ongelooflik en ek moes myself knyp,” het Germishuizen gesê. Volgens hom het die luiperd vir hom gekyk voordat hy met die rotse saamgesmelt het en grasieus daaroor verdwyn het. Mnr. Lagneau Stephane het op Germishuizen se Facebook-blad gesê hy het sowat 'n maand gelede 'n luiperd by Bushman's Paradise by Spitzkoppe gesien.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie