Lugvaarthoof se aanstelling 'nie deursigtig'

Dit wil voorkom of aanstellings vir die nuwe lugvaartowerheid ten gunste van buitelanders is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die voormalige direkteur van die direktoraat van burgerlike lugvaart (DCA), me. Angeline Simana, is na bewering sedert 9 Mei permanent as die uitvoerende direk­teur van die nuwe Namibiese Owerheid vir Burgerlike Lugvaart (NCAA) aangestel.

Daar word beweer haar aanstelling is afgehandel ten spyte daarvan dat die pos nie geadverteer is nie en dat geen ander kandidate in ag geneem is nie.

In 'n ongetekende dienskontak wat deur Namibia Media Holdings gesien is, het die NCAA-raad op 17 Februarie besluit om Simana permanent aan te stel vir 'n ­jaarlikse salaris van meer as N$1,1 miljoen, wat voordele soos lidmaatskap aan 'n mediese- en pensioenfonds (N$252 000) insluit, asook 'n motorvoordeel van N$108 770 en 'n behuisingstoelaag van N$81 558.

Voorts is sy geregtig op 'n 35%-aansporingsbonus van haar bruto jaarlikse vergoedingspakket, en wanneer haar kontrak tot 'n einde kom, sal sy 'n belasbare toelaag van 10% van die totale vergoedingspakket ontvang.

Vrae wat aan die voorsitter van die NCAA, mnr. Komos Egumbo, oor dié kwessie gevra is, het onbeantwoord gebly.

Simana het egter vroeër gesê sy sou nie reageer op vrae wat deur “anonieme bronne” gestel is nie en sy het voorgestel hulle “hou op wegkruip” eerder as om “ongesteunde aantygings” te maak.

Sy het gesê baie van die vrae wat gestel is, is voorheen gepubliseer en is bewys as ongegrond.

“Eise van hierdie aard word anoniem gemaak omdat dit in die belang van sekere individue is wat die goeie werk van hul vorige en huidige ­kollegas wil ondermyn,” het Simana gesê.



POSTE GEADVERTEER

Die NCAA het verskeie poste geadverteer onder wat beskou word as 'n projek wat deur konsultante van die Internasio­nale Owerheid vir Burgerlike Lugvaart (ICAO) binne die NCAA bestuur word.

Die jongste geadverteerde poste was vir kontrakte van 'n jaar lank vir 'n assistentbestuurder/-toesighouer: lugvaartsekuriteit vir 'n jaarlikse salaris van N$705 530, 'n junior lugvaartsekuriteitinspekteur (teen N$601 227 per jaar), 'n biblioteek- en dokumentbestuurder (N$509 584), en 'n uitvoerende assistent: lugnavigasiedienste (N$509 584).

Rolspelers wat verkies om anoniem te bly, sê die salarisstrukture wat onder die ICAO-projek vir Namibië aangebied word, is “buite beheer”.

Simana word daarvan beskuldig dat sy ICAO-konsultante aangestel het in plaas daarvan om te verseker dat ­Namibiërs genoegsame opleiding ontvang om die posisies oor te neem.

Einde April is beweer dat Simana haar “eerste groep ICAO-rekrute” aangestel het, waarvan baie Suid-Afrikaners is en wat na bewering in die eerste week van Mei sou begin werk - met nie-­belasbare salarisse van meer as US$130 000 per jaar.

Die pakkette vir die ICAO-rekrute het na bewering die gebruik van regeringsvoertuie en -brandstof ingesluit, wat glo nie deel is van die ICAO-kontrak nie - dit terwyl die NCAA 'n ­semistaatsinstelling is.

Daar word ook beweer Simana het ­voormalige personeellede van die ontbinde DCA ingelig dat sy slegs uitgesoekte ­Namibiërs sou aanstel, en meer buitelanders vir poste oorweeg.



ONTEVREDENHEID

Rolspelers sê die stigting van die NCAA, wat die DCA vervang, was 'n geleentheid om die “gebroke burgerlike lugvaartstelsel te herstel”, maar dat dié geleentheid nie suksesvol benut is nie omdat “dinge toegelaat word om voort te gaan met dieselfde verkeerde mense” wat deel was van die mislukte DCA.

Daar is gerugte dat die NCAA na 'n reuse- nuwe gebou gaan trek terwyl dit eintlik oor minder as 220 werknemers beskik, waarvan meeste by lughawens werk vir die voorsiening van lugnavigasiedienste soos in die nuwe burgerlike lugvaartwet vervat word.

Daar is ook bewerings van “baantjies vir boeties” in die uitsoek van nuwe personeel. Voorts word beweer dat ­voormalige DCA-personeel wat krities teenoor die leier­skap van daardie owerheid was, in die werwingsproses geïgnoreer is.

Die permanente sekretaris van die ministerie van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, het in Julie verlede jaar 'n brief aan DCA-personeel gerig waarin hy versoek het dat hulle vir 'n tydperk van ses maande en met bestaande diensvoorwaardes aan die NCAA gesekondeer word.

Hy het geskryf dat werknemers aan die einde van die sekonderingstydperk, poste by die NCAA aangebied sou word wat “nie minder voordelig” sou wees as hul poste by die ministerie nie.

Mnr. Tom Grant, 'n ICAO-adviseur, het intussen 'n kennisgewing uitgereik om te sê die raad het die sekondering van DCA-personeel tot minstens Oktober vanjaar uitgestel, waarna 'n seleksieproses sou begin om werksgeleenthede vir uitgesoekte personeel by die NCAA aan te bied.

ICAO-konsultante sou dan aangestel word om raad te gee oor werkwaardasies, het Grant geskryf. Dié proses sou voltooi wees om “aanbiedinge teen die einde van September aan uitgesoekte personeel te maak”.

Oor dié aantygings het Simana gesê die NCAA is “altyd gereed om regmatige kommer wat op bewyse gegrond is en deeglik ondersoek is, aan te spreek”.

Op vrae wat aan haar gestel is oor die beweerde “ICAO-rekrute”, het Simana onder andere gesê dit is nie “binne haar domein om oor personeelkwessies van 'n vertroulike aard” te reageer nie.

“As 'n nuutgestigte instansie bly die NCAA gefokus op belangrike kwessies soos organisatoriese ontwikkeling om te verseker dat dit voldoen aan sy mandaat sodat burgerlike lugvaart in Namibië in ­openbare belang bestuur word, terwyl die hoogste moont­like veiligheid- en sekuriteitstandaarde gehandhaaf word,” het Simana gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A