Lugtyd vir jou liedjie

Nie net kry ‘n kunstenaar blootstelling nie, maar dit is ook ‘n manier om geld te verdien.
Henriette Lamprecht
Michael Kayunde – Verskillende radiostasies het reëls oor die vereistes waaraan ‘n liedjie moet voldoen om deur ’n stasie gespeel te kan word.

Kollig het by plaaslike radiostasies se musieksamestellers gaan aanklop oor wat die spesifikasies behels en wat ‘n liedjie moet hê om gereelde lugtyd te geniet.

Jean-Louis Knouwds, musieksamesteller en radio-omroeper by Kosmos 94.1, sê vereistes moet onder meer met die uitsaaikode strook, wat bepaal wat ’n radiovriendelike liedjie is.

“Om te begin, kan jy nie inhoud met vloekwoorde of liedjies met eksplisiete inhoud uitsaai nie. Natuurlik is daar redigering wat jou werk vergemaklik, maar dit is raadsaam om nie musiek met vloekwoorde voor te lê nie,” sê Jean-Louis.

Volgens hom het verskillende radiostasies verskillende beleide wat hul speellyste bepaal.

By Kosmos 94.1 word verwys na ‘n liedjie waarvoor reël A of reël B geld. ‘n Liedjie moet dus tussen dié reëls val. Val ‘n liedjie buite die raamwerk wat die radiostasie as sy ‘klank’ bestempel, gaan die liedjie tien teen een nie die speellys haal nie.

“Ons is ‘n kommersiële radiostasie en kommersiële stasies het oraloor die wêreld ‘n standaardklank. Watter liedjie ook al gespeel word, moet kommersieel klink. Dit moet ordentlik vervaardig wees en goeie klankgehalte hê,” het Jean-Louis verduidelik.

Hy sê liedjies word by Kosmos 94.1 as klankgrepe uitgesaai.

Dit beteken indien jy ‘n MP3 voorlê, gaan dit outomaties omgeskakel word.

Wanneer die radiostasie ‘n liedjie ontvang en die stelsel herken nie die formaat nie, wat nie dikwels gebeur nie, sal die kunstenaar daarvan in kennis gestel word.

Die radiostasie probeer wel om dit namens die kunstenaar in die regte formaat om te skakel.

“Die enigste probleem is die klankgehalte is dan saamgepers. Maar die meeste algemene formate word deur ons stelsel herken.”

Shona Ngava, musieksamesteller by Nust FM, sê die huidige aanvaarde formaat vir digitale radiostasies is 325 kbs per sekonde of meer, en die liedjie is gewoonlik ‘n MP3-greep omdat dit maksimum luistergenot verseker.

Volgens Shona word die MP3-formaat wyd gebruik omdat dié formaat dit vir die menslike oor maklik maak om instrumente en die kunstenaar se stem op te tel.

Dit is ook ideaal om liedjies te stoor omdat min gehalte verlore gaan.

Shona voel ook liedjies met vuil taal is nie radiovriendelik nie.

“Vandag lyk dit of vuil en twyfelagtige taal deel van ‘n oorweldigende aantal popliedjies se lirieke is. Van die liedjies sal ‘n geredigeerde weergawe hê waarin ‘n bliep of instrumentele frase in die vloekwoord se plek gebruik is sodat dit wel lugtyd kan kry,” sê hy.

Liedjies met sterk seksuele boodskappe of wat byvoorbeeld rassisme aanmoedig, is volgens Shona ook nie radiovriendelik nie.

Dié soort liedjies sal selde, indien ooit, lugtyd kry – selfs nie op radiostasies wat nou en dan ‘n vloekwoord laat deurglip nie.

“Die meeste radiostasies wil nie die probleme hê wat dié soort liedjies kan veroorsaak nie,” sê Shona.

Rapids FM se Elizabeth Mwengo, aanbieder en programhoof, sê die stasie is onbeperk in terme van reikwydte en maak vir almal voorsiening.

“Enige liedjie met vuiltaal is nie radiovriendlik nie. Radio moet opvoed en inlig. Alles wat uitgesaai word, maak dus saak,” sê sy.

“Selfs al word vloekwoorde uitgebliep, moet radio tog vermaak. Wie wil een lang bliep-liedjie luister? Elke sekonde op radio tel. Enige liedjie wat dus langer as vier minute is, is daarom nie radiovriendelik nie,” sê Elizabeth.

Volgens haar maak Rapids FM meestal vir die twee Kavangostreke voorsiening.

Kunstenaars wat die meeste lugtyd kry, kom meestal uit dié twee streke.

Een van die groot uitdagings waardeur samestellers van musiek by radiostasies in die gesig staar word, is die gehalte van liedjies wat tans vervaardig word, wat nie altyd op standaard is nie.

Volgens Shona veroorsaak dit ’n uitdaging vir musiekregisseurs om uiteenlopende speellyste saam te stel en in die behoeftes van die verskillende luisteraars te voorsien.

“Nust FM is ‘n stedelike radiostasie met 80% plaaslike musiek. Die gewildste style is hip-hop, Afro-pop en kwaito. Om ‘n verskeidenheid liedjies van ander style te kry, is moeilik omdat daar nie veel van ‘n biblioteek beskikbaar is vanwaar ons ander musiek kan trek nie,” sê Shona.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 903.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 82.84/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 971.32/OZ DOWN -0.0074 #N/A