Lugreus bring noodvoorraad

Antonov AN-225 om 13:00 vandag verwag

08 July 2021 | Internasionaal
Ronelle Rademeyer – ’n Antanov AN-255, met vlugnommer ADB566F, sal na verwagting om 13:00 vandag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako neerstryk met die eerste van drie besendings mediese noodvoorraad vanaf Duitsland.

Die skenking volg nadat Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die internasionale gemeenskap versoek het om midde die verwoestende derde Covid-19-golf, hulp aan Namibië te verleen.

“Namibië het deur middel van ons ambassade in België ’n amptelike versoek by die Europese Unie (EU) se meganisme vir burgerlike beskerming ingedien wat humanitêre hulp tydens ramptoestande verleen,” sê mnr. Penda Naanda, uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking,

Hy sê in ’n verklaring Duitsland sal deur dié meganisme drie besendings mediese voorraad stuur, waarvan die eerste vandag in die land aankom.

Nandi-Ndaitwah sal dit saam met die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, asook die ambassadeurs van Duitsland en die EU, ambassadeurs Herbert Beck en Sinikka Antila, in ontvangs neem.

Dit is nie bekend of daar ook entstowwe teen Covid-19 in die besending is nie.

Intussen het daar vroeër die week groot opgewondenheid onder lugvaart- en vliegtuiggeesdriftiges in Europa geheers toe die Antanov AN-225, wat die wêreld se grootste vragvliegtuig is, Dinsdag by die Lughawe Halle in Leipzig, Duitsland, geland het waar PortGround en die Duitse weermag die voorraad gelaai het.

Die vlug sou volgens sy vlugskedule onderweg na Namibië ook by Accra in Ghana aandoen om daar voorraad af te laai.

UIT DIE TYD VAN USSR

Lugvaartskrywer Patrick Zwerger sê in ’n webberig op flugrevue.de dié Russiese vragvliegtuig het ses enjins, ’n vlerkspan van 88 meter en kan 250 ton vrag dra.

Dit word ook “Mrija” genoem, wat “droom” beteken.

“Die bynaam is in die laat tagtigerjare ontwikkel toe die vliegtuig ingespan is om die Sowjet-ruimtetuig Buran te vervoer. Ná die ineenstorting van die USSR (Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke) was dié rol oorbodig aangesien die Buran-program in vergetelheid geraak het. Maar die vervaardiger Antonov, met sy hoofkantoor in Kiëf in die Oekraïne, het weldra ’n nuwe sakeplan vir sy reusevliegtuig ontwikkel: die vervoer van besonder swaar, groot en lywige vrag,” skryf Zwerger.

Mnr. Nico Scholtz, inspekteur vir vlugbedrywighede by die Namibië Burgerlugvaartagentskap (NCAA), het gister bevestig dat hy ’n buitelandse operateurspermit (FOP) uitgereik het vir die Antanov AN-225 “met humanitêre voorraad aan boord”. [email protected]

Soortgelyk

 

Lelies begin Sondag blom

9 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

9 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

9 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

9 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

9 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

9 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...

Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriëntering

9 ure gelede | Ministeries

Adam Hartman op Swakopmund – Karakterbou, dissipline en akademiese prestasie word as agtenswaardige uitkomste vir die oriëntasie van nuwe leerlinge beskou, terwyl praktyke wat fisieke...