Lughawe: Diensverskaffer staak
Flamingo sê sy diensverskaffing op die internasionale lughawe sal voortgaan.
Augetto Graig - Kosmaak, skoonmaak, wasgoed was en vliegtuie laai is onder meer dienste wat Flamingo Inflight Services aan sewe lugrederye op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako verskaf.
Die Solidarity Union-vakbond het gisteroggend met ’n staking oor salarisverhogings by hul administratiewe hoofkantoor in die Hanganeni-gebou in Windhoek-Wes begin.
Die vakbond eis ’n verhoging van N$500 per maand, terwyl Flamingo volgens die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, mnr. Joseph Garoeb, net N$400 aanbied.
Garoeb sê uitgerekte onderhandelinge het nie daarin geslaag dat ’n ooreenkoms bereik word nie.
Die uitreiking van ’n dispuutsertifikaat deur die arbeidskommissaris het tot dié wettige staking gelei.
Mnr. Kelvin Kaisi, Flamingo se hoofbestuurder, het bevestig die maatskappy het ’n erkenningsooreenkoms met Solidarity aangegaan.
Hy sê hulle onderhandel al sedert Maart 2018, en verskeie vergaderings het plaasgevind sonder dat ’n skikking bereik is.
“Die vakbond eis ’n verhoging van 14,7% vir almal in die bedingingseenheid, terwyl die maatskappy ’n 8%-verhoging aanbied,” sê hy.
Kaisi sê die werknemers word daagliks gratis werk toe vervoer, ontvang twee maaltye per diensbeurt, behoort aan ’n pensioen- en mediese fonds, ontvang ’n kruidenierswareskenking in Desember, asook ’n jaarlikse bonus.
Volgens Kaisi verteenwoordig Solidarity 78 van die maatskappy se 139 werknemers, van wie 17 nie voltyds aangestel is nie.
Hy sê die maatskappy het noodmaatreëls, “gelei deur die grense van die wet en ons gebeurlikheidsplan, om deurlopende dienslewering aan ons gewaardeerde kliënte en belanghebbendes te verseker”.
Die maatskappy beskik oor ’n groot vloot voertuie waarvan genoeg nog in ’n werkende toestand is sodat besigheidsaktiwiteite ondersteun kan word, sê hy.
Van hul lorries is spesiaal toegerus met bakke wat lig om die laai van bagasie op groot vliegtuie te vergemaklik.
Die maatskappy spog ook met ’n hoëvlaktegnologie-aanleg by die lughawe.
“Ons het ons gebeurlikheidsplan in werking gestel, saam met die nakoming van die stakingsreëls, en tot dusver was daar geen onderbreking van vlugskedules nie,” sê Kaisi.
Hy verseker ook daar sal geen tekort aan kosvoorraad op Air Namibia se vlugte wees nie.
Volgens hom is alle belanghebbers reeds oor die jongste verwikkelinge ingelig.
Mnr. John Paporo, die vakbond se sekretaris-generaal, het gesê die staking sal vanoggend voortgaan.
“Ons sal daar wees tot hulle teken,” het hy gister gesê.
Hy het bygevoeg die vooruitsig van ’n skikking bestaan, aangesien hulle uitgenooi is om vandag ’n vergadering met Flamingo by te woon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie