Lugbespuiting teen sprinkane ingespan

Lugmag help vir een maand

15 October 2020 | Landbou
Die Namibiese lugmag (NAF) het die afgelope Sondag met lugbespuiting in die Zambezistreek begin om die uitbreking van die rooi treksprinkaan te beveg.

Die NAF span vir een maand kragte saam met die ministerie van landbou, water en grondhervorming om sprinkaanswerms te probeer bestry.

Die ministerie se hoof landbouwetenskapsbeampte, me. Violet Simataa, het bevestig dat die lugmag die eerste lugbespuiting in die Itomba-gebied gedoen het, saam met die ministerie, wat self die pes bestry deur gebruik te maak van ’n motorvoertuig met ’n gifspuit agterop, asook gifspuite wat met die hand gedra word.

Plaagdoder, insluitend Cyperfos, is oor meer as 10 hektaar bespuit.

Een van die geraakte gemeenskapslede, die 84-jarige mnr. Greenwell Mayumbelo, het Sondag gesê die lugbespuiting sal baie help omdat dit moeilik was vir voertuie om sommige van die geraakte dele te bereik.

Die ministerie sou gister nog na verwagting op Republikein se vrae reageer oor of die regering die plaag tans onder beheer het en tot watter mate en waar oral die lugmag ingespan sal word om die sprinkane te bespuit.

Dit volg nadat mnr. Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, op 24 September in die parlement gesê het nog sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig.

Dit is ’n noodsaaklike doelwit om te keer dat dié pes dalk na die res van Namibië uitbrei.

Dit volg nadat rooisprinkane sedert 12 Augustus reeds 4 002 km2 in die Zambezistreek binnegedring en reeds sowat 500 hektaar se weiding vernietig het.

Hy het gesê dié streek ervaar tans sy tweede uitbreking vir vanjaar van dié gevreesde sprinkaan ná die eerste voorkoms in Februarie.

Volgens Schlettwein is die rooisprinkaan intussen op 12 Augustus in die Zambezistreek in 19 gebiede opgemerk, wat insluit Muzi, Namiyundu, Ivilivizi, Lusese, Ihaha, Nakabolelwa, Masikili en Malindi.

Schlettwein het in die parlement gesê die rooitreksprinkaan het reeds Namibië se noordelike en noordoostelike buurlande soos Botswana, Zambië en Zimbabwe geteister.

“Sommige van hierdie lande gebruik lugbespuitingsmetodes, wat veroorsaak dat die sprinkane na ander lande migreer. Ons behoort om dié rede ook van lugbespuiting gebruik te maak om die pes doeltreffend te kan bestry en om ons bestaande bestrydingsmetodes te rugsteun.

“Dit is nodig omdat die verspreiding van die pes intens raak en om te voorkom dat die sprinkane na ander dele van die land versprei,” het hy gesê.

Sprinkaanplae is bekend daarvoor dat dit groot verwoesting in weivelde en onder gewasse veroorsaak omdat die insekte gras, koring en mielies vreet.

– Nampa en eie berig

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...