Lucky Sky laat die honger bedaar
Augetto Graig - Op 29 Julie het Lucky Sky Tours en Travel die inisiatief geneem om ongeveer 200 kinders by die Ombili-gemeenskapsentrum te voer as deel van hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. Volgens mnr. Augusto Viagem, Lucky Sky se bemarkingsbeampte, is dit belangrik om nie net hulp aan minderbevoorregtes te verleen nie, maar ook om 'n verhouding met die gemeenskap te bou, kennis in te win, en 'n beter verhouding met werknemers te kweek. “Deur behoeftiges te voed, het ons ook besef al is jou lewe hoe moeilik, daar is altyd iemand wat uitdagings beleef wat selfs moeiliker as joune is,” sê hy. Lucky Sky is aanvanklik in 2009 in Botswana op die been gebring en het eers die Chinese mark bedien. Onlangs het hulle na Namibië uitgebrei en het tans agt plaaslike werknemers.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie