Lorriedrywers kom huis toe
Lorriedrywers kom huis toe

Lorriedrywers kom huis toe

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Zambiese regering het gister die versekering gegee dat 272 van die 466 vragmotors van lande in Suider-Afrika waarop daar in dié buurland beslag gelê is, vandeesweek toegelaat sal word om die land te verlaat.

Namibië se ambassadeur in Lusaka, amb. Leonard Nambahu, het gister in ’n telefoniese onderhoud uit die buurland gesê hy was teenwoordig toe dié aankondiging gemaak is. Dit is nie bekend watter dag dit sal gebeur nie.

“Ek kom nou net (gister) van ’n vergadering met die ministerie (van grond, natuurlike hulpbronne en omgewingsbeskerming) af waar ons meegedeel is dat 272 vragmotors vrystelling gekry het en hierdie week nog die land mag verlaat,” het hy gesê.

“Die oorblywende 194 se dokumentasie is nie in orde nie en hulle sal nie toegelaat word om die land te verlaat nie.”

Volgens Nambahu het die permanente sekretaris van dié betrokke ministerie, mnr. Trevor Kaunda, nie aangedui hoeveel van die 272 vragmotors van Namibië afkomstig is nie.

“Die 466 vragmotors waarop beslag gelê is, is van verskeie lande in die streek afkomstig. Hoeveel presies van Namibië is, weet ons nie.”

Die Zambiese owerhede het vier maande gelede op die vragmotors beslag gelê tydens ’n grootskaalse ondersoek na die onwettige vervoer van Mukula-hout (Pterocarpus chrysothrix), ook genoem rooshout of bloedhout.

Dit het gevolg nadat Zambië in Februarie ’n verbod geplaas het op die uitvoer van hierdie bedreigde houtspesie, wat veral in China hoog in aanvraag is.

Me. Charlet de Bruyn, van HRL Investment op Walvisbaai, wat as agent optree vir van die vragmotoreienaars op wie se vragmotors beslag gelê is en die Chinese houthandelaars, hou vol Zambië was bloot ’n deurgangsroete.

Sy het vroeër aan Republikein gesê die vragmotoreienaars wat sy gekontrakteer het, het die hout in Lumbumbashi in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) gelaai en het wettige permitte gehad om dit via Zambië na Walvisbaai te vervoer.

Volgens Nambahu moes die drywers van hierdie vragmotors die afgelope vier maande in haglike omstandighede leef. “Die lorries is by weermagkampe en polisiekantore geskut en die drywers het nie toegang tot sanitasie of gesondheidsgeriewe, of selfs kos gehad nie.”

Hy sê personeel van die Namibiese ambassade in Lusaka het onder hulself noodsaaklike items ingesamel wat die afgelope naweek na van hierdie drywers geneem is. “Die situasie is werklik haglik.”

Nambahu sê hy het Kaunda versoek om aan die Namibiese owerheid ’n lys te verskaf van die Namibiese vragmotors, die plekke waar dit geskut word en die getal wat toegelaat sal word om die buurland te verlaat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.21/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.29% | Platinum US$ 911.47/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.21/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 856.10/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.29% | Platinum US$ 911.47/OZ DOWN -0.0048