Lont blý in olievat

‘n Onderlinge vingerwysery en teenstellende standpunte kenmerk steeds die omstrede soektog na olie in die Okavango-delta – ‘n plan wat internasionaal kritiek ontlok het.
Frank Steffen
Frank Steffen in die Kavango – ReconAfrica ontken dat die Kanadese maatskappy na bewering nou gemeenskapsleiers met gunste en gawes in die vorm van maatskaplike bystand probeer omkoop om hul soektog na olie in Namibië se Kavango-streke te ondersteun.

Die George Mukoya-bewaringsgebied is glo gevra om ‘n lys op te stel met die name van gemeenskapslede wat “hulp benodig”. ‘n Soortgelyke versoek is volgens 'n bron aan ‘n mede-bewaringsgebied, Muduva Nyangana, gerig.

Mnr. Mundu Kasera, ReconAfrica se projekbestuurder op Rundu, wou nie kommentaar lewer oor dié aantyging nie, hoewel sy kantoorpersoneel ons susterkoerant Allgemeine Zeitung meegedeel het hy is die “regte man” om mee te praat.

Kasera het die gesprek vinnig kortgeknip en gesê die woordvoerder, me. Ndapewoshali Mwanyengwa, sal verdere inligting kan verskaf. Sy het die bewerings as “absurd” afgemaak.

“Ons het eers ‘n samewerkingsooreenkoms met die Kapingakawale-bewaringsgebied aangegaan nadat hulle ons om hulp genader het, maar ek sal u navrae verder opvolg,” het sy gesê.

DRUK DEUR POLITICI

Verskeie gemeenskapslede, veral vroue wat in die landerye werk, het tydens ‘n hernude besoek aan die gebied kommer uitgespreek oor die feit dat “baie politici” druk op gemeenskapsleiers (hoofmanne en raadslede) uitoefen om alle teenkanting teen olie-eksplorasie in die kiem te smoor.

Sommige bevraagteken ‘n terplaatse besoek verlede week deur die Nasionale Vergadering se staande komitee oor natuurlike hulpbronne onder voorsitterskap van oudminister Tjekero Tweya. Inwoners van die dorp het nie groot belangstelling in die vergaderings getoon nie, maar sekere inwoners van landelike gebiede beskryf dit as ‘n “belaglike” poging van die regering om die indruk te skep dat die staat regverdig gereageer het op die klagskrif wat in Junie vanjaar deur die organisasie SOUL in Windhoek aan die parlement oorhandig is.

“Dit is dieselfde man wat as minister onwettig grond gegryp het in die Mukwe-kiesafdeling van die Mbukushu-gemeenskaplike gebied. Hy het dit net opgegee toe die hof hom beveel het om dit te doen. So, hoe sal hy my grondregte beskerm?” het ’n vroulike inwoner van Ncaute gevra.

Die vooruitsig van beloofde werksgeleenthede en beter lewensomstandighede word steeds teen die moontlikheid van langtermynskade aan die omgewing opgeweeg.

Volgens mnr. Max Muyemburuko, voorsitter van die Streekbewarings- en gemeenskapsbosbouvereniging vir Kavango-Wes en -Oos, wil dit voorkom of mense in diens van, of verbonde aan die staatsdiens oor die algemeen die projek ondersteun, terwyl die gemeenskappe wat direk geraak word daarteen gekant is, veral teen hidrobreking.

STEEDS TALLE VRAE

“Ek het spesifiek vir een van die ReconAfrica-verteenwoordigers gevra of hidrobreking my landerye en bome hier by Ncaute skade kan berokken,” vertel me. Mestilde Kudumo van Ncaute Ruzaza. “Hy het gesê ek hoef my nie te bekommer nie – daar is geen negatiewe gevolge nie en beslis geen skade aan die bome nie. Maar hulle het nie behoorlik verduidelik hoe dit sal werk met boorgate wat 750 meter onder my voete loop nie.” Die boodskap aan ander

‘n Mede-inwoner, me. Veronika Ndara, sê sy is dieselfde meegedeel. Sy vind die belofte moeilik om te glo omdat horisontale lyne wat oor lang afstande in alle rigtings geboor word volgens haar beslis die grondwater sal affekteer.

‘n Toetsgat vir die huidige seismiese opname is volgens Kudumo 60 meter agter haar hut geboor.

“Hulle het vir my kom sê dat hulle deur my veld sou gaan en dit een keer sou ‘stempel'. En hulle het gesê hulle sal my betaal. Dít was in September.

“Hulle bly deur my eiendom ry en vertel my nonsens oor die regering se betalingsproses wat tyd neem. Ek glo hulle nie meer nie,” sê Kudumo.

Sommige raadslede hou vol hulle is eers ná die tyd oor die seismiese opname ingelig en hoe dit werk.

Me. Elizabeth Kudumo, voorsitter van die Ncaute-gemeenskapswoudkomitee, beskuldig Tweya van partydigheid. Verskeie mense beskou die openbare inligtingsessies as ’n foefie om ReconAfrica “goed te praat”.

Verteenwoordigers van drie verskillende bewaringsgebiede van die Shambyu- en Gciriku-stamme het gesê die komitee verander gedurig hul vergaderplekke. “Dit is duidelik gedoen om te keer dat ons die sessies bywoon en ons griewe lug,” is een interpretasie van die beweerde taktiek.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%