Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

22 May 2019 | Toerisme
Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer vir voetslaners van die Visrivier-canyon gereed wees.

Die wêreldbekende Visrivier-staproete is van Mei tot September vir voetslaners oop.

Volgens ’n mediaverklaring van NWR was Hobas Lodge se rioolstelsel beskadig, bome het omgewaai en hope sand het om die restaurant, swembad en kampterrein gelê.

Dr. Matthias Ngwangwama, NWR se waarnemende besturende direkteur, sê die lodge se span het die afgelope maande onverpoos gewerk om dit vir voetslaners gereed te maak.

“Omdat ons weet die Visrivier-staproete is een van die gewildstes in die wêreld, het ons verseker die akkommodasiegeriewe is weer op die hoë standaard wat dit voor die kitsvloede was. Ek verseker ons gaste die lodge sal volgende week gereed wees,” sê hy.

Terselfdertyd bestaan kommer oor die beskikbaarheid van water in die Visrivier.

“Ons was proaktief in die verskaffing van water by die 20 km- tot 35 km-ingang van /Ai-/Ais, asook by die afsnypunt 40 km van die waterbron af.

“Ons bedank Namibia Breweries Limited wat toerusting soos tenke en draagbare waterhouers verskaf het,” sê Ngwangwama.

Hobas Lodge is in die /Ai-/Ais Richtersveld-oorgrenspark naby die Visrivier-canyon by die beginpunt van die 90 km lange Visrivier-staproete geleë.

Die lodge bied ses en suite-kamers en 14 kampterreine.

Hobas is tussen die skadubome bo die Visirivier-canyon naby die Visrivier-uitkykpunt geleë.

Soortgelyk

 

Windhoek klop waterteikens

1 uur gelede | Plaaslik

font face="Verdana" >Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar. Volgens me....

Kalahariwoestyn keer terug

1 uur gelede | Polisie

Denver Kisting – In ’n poging om soortgelyke tragedies te verhoed soos die een waarin ’n Zimbabwiese taxibestuurder gesterf het, gaan alle beamptes wat aan...

Weer, Woensdag 7 Augustus 2019

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in //Kharas, maar warm tot baie warm in die Noorde. Elders sal dit sonnig en warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Tweejarige sterf in ongeluk

1 uur gelede | Ongelukke

’n Tweejarige meisie, Andrea Pawa Jason, het Saterdagoggend in ’n ongeluk sowat 2 km buite Usakos gesterf.Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ongeluk...

Nudo, UPM voeg stem by antikuberkraakkoor

1 uur gelede | Politiek

Denver KistingDie president van die National Unity Democratic Organisation (Nudo), me. Esther Muinjangue, sê hulle is nie onder die huidige omstandighede beskikbaar vir die kuberkraaktoets...

renosters by Onguma onthoring

1 uur gelede | In beeld

Om stropery te voorkom het die Onguma-wildreservaat naby die Etosha Nasionale Park onlangs al hul renosters ontho­ring. Volgens die reservaatbestuurder, mnr. Jonathan Strijbis, was die...

Jong beesbeoordelaars beïndruk

1 uur gelede | Gebeure

Elvira HattinghBank Windhoek en Feedmaster span tans saam om 'n nasionale beesbeoordelaarskompetisie en -kursus vir Namibiese jongmense aan te bied.Tot dusver het die organiseerders deelnemers...

Elfjarige glo deur oom (48) verkrag

1 uur gelede | Misdaad

’n Meisie (11) is Vrydag omstreeks 14:00 glo deur haar 48-jarige oom in die Etaneno-nedersetting naby Onankali verkrag.Die verdagte is in hegtenis geneem en sou...

'Elke druppel tel'

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtAs alle babas onmiddellik ná geboorte direkte ­velkontak ontvang, vir ses maande uit­sluitlik geborsvoed word en tot op twee jaar bykomende voeding ontvang, sal...