Little Kulala 'n top- woestynlodge
Francoise Steynberg - Little Kulala naby Sossusvlei is deur CNN as een van die 10 beste blyplekke in 'n woestyn in die wêreld gekies.
“Hierdie pragtige lodge, wat tussen ou kameeldoringbome in die private Kulala-wildreservaat geleë is, maak dit die perfekte wegbreekplek in 'n woestyn,” sê CNN.
“As jy aan asemrowende en luukse wegbreekplekke dink, is eilande en strande die eerste plekke wat by jou opkom.
“Tog bied woestynlandskappe pragtige vistas en 'n sin vir avontuur.”
CNN het 10 woestynoases gekies uit alles van Midde-Oosterse paleise tot luukse tentkampe in Afrika waar jy jou Lawrence of Arabia-fantasieë kan uitleef.
CNN sê Wilderness Safaris se Little Kulala het 11 grasdak-kulalas (wat “slaap” in Swahili beteken) wat elk sy eie plonspoel het. Saans kan jy die sterreprag van die Namibwoestyn uit jou bed in die buitelug bewonder.
Volgens CNN is die dekor aards en sjiek en is daar aktiwiteite soos lugballonsafari's en toere deur die Namibwoestyn by Sossusvlei.
Die ander nege woestynbestemmings is Amangiri in Utah, Amerika; Longitude 131 in die Australiese Noordelike Gebied; Korakia Pensione in Kalifornië, in Amerika; Qasr Al Sarab by Anantara in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate; Tierra Atacama Hotel & Spa in Chili; Enchantment Resort in Arizona in Amerika; Scarabeo Camp in die Agafay-woestyn in Marokko; Marquis Los Cabos in Baja in Mexiko en The Saguaro in Palm Springs in Amerika.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie