Lira op Warehouse-verhoog
Die bekende Suid-Afrikaanse sangsensasie, model, aktivis, entrepreneur en skrywer Lira tree eerskomende Woensdagaand 14 Maart om 20:00 by die Warehouse-teater op. Lira het veral vir haar liedjies "Feel Good" en “Be About It" bekendheid verwerf en is tans 'n beoordelaar op die gewilde TV-program The Voice South Africa. Kaartjies kan vooraf by webtickets.com.na teen N$250 of by die deur teen N$300 gekoop word.
Skakel na "Feel Good" - https://youtu.be/tamYrXvp_40
Skakel na "Feel Good" - https://youtu.be/tamYrXvp_40
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie