Lions se Advent-kalender 'n dekade oud
Tanja Bause
Die Alte Feste Lions-klub se Advent-kalender is vanjaar 10 jaar oud.
Dié gewilde kalender word elke jaar verkoop om verskillende gemeenskapsprojekte te ondersteun.
Kopers het van 1 tot 24 Desember die kans om pryse te wen.
Elk van die 2 500 kalenders het sy eie nommer.
By elke dag is die naam van 'n borg aangebring, en watter pryse gewen kan word.
Die nommers van wenkalenders sal daagliks in Republikein gepubliseer word.
Dit sal ook op die klub se webtuiste, www.lionsaltefeste.com, bekend gemaak word. Op die agterkant van die kalender is borge se kontaknommers, wat wenners kan kontak om hul pryse op te eis.
Koop dit hier
Die kalenders is by die Windhoeker Buchhandlung en Susanne Grauheim beskikbaar, asook elke Saterdag tussen 09:00 en 12:00 by Maerua Superspar, Auas-winkelsentrum en Ai//Gams Woermann Brock.
Op Omaruru kan dit by Martin's Lädchen aangeskaf word, op Swakopmund by Otto Günther, die Lions-ouetehuis en Uta Eckleben, en op Walvisbaai van 26 Oktober af by Karin Coelen. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie