Liefdesbrief aan klassieke musiekspele op kykNET

17 December 2020 | Kuns en vermaak
Terwyl Broadway en die West End asook die meeste teaters steeds in donkerte gehul is weens die coronavirus-pandemie, word daar op 27 Desember vanjaar ’n liefdesbrief aan die musiekspele uitgesaai op kykNET.

Ikoniese, tydlose liedjies uit 27 wêreldklas-musiekspele, wat die voete en die lyf ritmies laat saam klop en swaai, wag op televisiekykers in die vertoning From Broadway to Bird Street/Van Broadway na Birdstraat, waarin Namibië se eie Carli Vermeulen, 'n leerling van Windhoek Gimnasium, te sien is.

Die vertoning in Maart vanjaar op die Toyota US Woordfees is uitverkoop, en nou kan musiekliefhebbers, wat dit misgeloop het, dit op 27 Desember om 10:30 op kanaal 144 en net daarna om 12:00 op kanaal 146 op kykNET beleef.

Die grootskaalse projek van Curro Create en die Wordsmith’s Theatre Factory het 265 kostuums, 47 produksielede en 28 talentvolle sanger/danser/akteurs geverg.

“Dit was ’n baie groot slag vir ons toe die inperking in Maart aangekondig is. Die vertoning sou in die Kaap, Pretoria en op Aardklop speelvakke gehad het. Dit is ’n groot projek, en dit sou so jammer wees as meer mense dit nie kon sien nie,” het Pedro Kruger, van die vervaardiger Wordsmith Theatre Company, gesê.

“Gelukkig het ons dit opgeneem en kon Home Bru dit vir ons redigeer in ’n aanlyn produksie.”

Kykers kan stemme van mense soos Corlea Botha, Timothy Moloi, Lynelle Kenned, André Terblanché en Germandt Geldenhuys hoor wat saam met 22 talentvolle jong leerlinge van Curro Create optree. Die jonges is gekies uit meer as 360 oudisies wat landswyd ontvang is van Curro-skole. Liedjies uit musiekspele soos onder meer Cabaret, Hairspray, Les Misérables, Hamilton, Hairspray en Little Shop of Horrors wag.

Elke lied word aangepak met volle kostuums en grimering, ’n innoverende stel en oudio-visuele elemente, beligting en klank, sodat dit kompleet voel asof jy in ’n Broadway-teater sit en na jou gunsteling-vertoning kyk.

Die gasheer van die aand is Germandt Geldenhuys, wat elke lied in konteks sal plaas. Hy sing self ook.

Die produksie is geskep deur die teatermakers Hennie van Greunen en Kruger, en musiekregisseur is Melissa van der Spuy.

From Broadway to Bird Street/Van Broadway na Birdstraat is ook vroeër vanjaar gestroom ná die suksesvolle speelvak op die Woordfees.

Moloi het onder meer met die opening van die Wêreldsokkerbeker in 2010 opgetree. Botha is bekend om die ongelooflike reikwydte van haar stem en is tuis in enige genre. Kenned tree gereeld in musiekteaterstukke op en is net so tuis in dramatiese produksies. Geldenhuys is ook bekend is as Louis Koster in Binnelanders. Hy het kykers begogel met sy stem in die rolprent Kanarie en tientalle musiekspele. Terblanché is akteur, musikant en sanger wat tuis is in al die genres van pop, jazz tot swing.

- Netwerk24

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

46 minute gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

16 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

16 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

16 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

16 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

16 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

16 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...