Lief en leed van die Sandveld-pioniers
Lief en leed van die Sandveld-pioniers

Lief en leed van die Sandveld-pioniers

Ronelle Rademeyer
Hélène de Kok se nuutste boek, Swaarkry met lekkerkry klaarkry, is 'n bundel kontreistories oor die vroeë pioniers van die Omaheke.

Dit vertel van die eerste mense naas die Boesmans wat hulle in die Sandveld gevestig het: die Herero, Mbanderu en Oorlam, sendeling Cook se koms in 1842, die jagters en handelaars wat die gebied as deurgangsroete gebruik het, die eerste Duitse kolonialiste en later die Dorslandtrekkers uit Angola.

De Kok ontsluit die geskiedenis van Gobabis en die ongetemde Kalahari en maak die leser deel van die lief en leed van die Angola-boere wat uit so min as 'n takskerm langs 'n windpomp vir hulle 'n lewe opgebou het.

Dit is stories oor mense wat deur swaarkry gebrei is; gasvrye, deernisvolle. De Kok is 'n meesterverteller en kleur die stories met humor en kostelikhede.

Soos sy op die agterblad sê: “Hierdie is 'n land wat jy nooit weer van jou kan losmaak nie. . . Weer en weer sal jy terugkom om die swaarkry met lekkerkry, klaar te kry”.

Mense wat oom ET (Roosevelt) Meyer se boeke geniet het, sal ewe veel hiervan hou.

De Kok kom uit die Vrystaat. Sy het daar, sowel as in Rhodesië en Zambië, onderwys gegee. Sy het haar later as mediese dokter bekwaam en boer sedert 1974 saam met haar man, Boetie Claassens, op die plaas Hekel by Gobabis. Sy bedryf 'n kliniek in die landelike gemeenskap en het ook 'n handwerksentrum vir werklose San-vroue. Sy het al verskeie boeke die lig laat sien.

Swaarkry met lekkerkry klaarkry is deur De Kok self uitgegee en kos N$180. Dit kan bestel word by 081 877 30450 of by [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!