Lewenslange tronkstraf ná moord op tiener

15 jaar vir verkragting

06 February 2020 | Howe
’n Inwoner van Hentiesbaai, Jandre Jacques de Klerk, wat verlede jaar skuldig bevind is aan die verkragting van en moord op ’n 13-jarige meisie, is in die hoërhof in Windhoek tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die 29-jarige De Klerk het Rachel Vanessa Boois op 4 Mei 2014 verkrag en vermoor en haar halfnaakte lyk is in ’n halfvoltooide huis op die kusdorp gevind.

De Klerk is op 22 November verlede jaar skuldig bevind. Hy is vandeesweek gevonnis op vier klagte, een van moord met die doel om te moor, een van verkragting, een van inbraak en een van lykskending.

Op die klag van moord is De Klerk tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Vir die klag van verkragting is hy tot 15 jaar tronkstraf gevonnis en tot vyf jaar vir die inbraak in die huis waar die slagoffer gelê en slaap het. Vir die skending van haar lyk is hy 12 jaar se tronkstraf opgelê.

Lewenslange tronkstraf in Namibië behels ’n minimum van 25 jaar agter tralies.

Volgens wet moet die gevangene die helfte van sy of haar vonnis uitdien voor hy of sy vir parool in aanmerking kan kom.

“Dit is ’n algemene verskynsel dat geweld teen kwesbare vroue en meisies in die land nou buite beheer is. Dit is daarom gepas dat die oortreders van hierdie misdade baie beslis gestraf word,” het regter Albert Siboleka tydens vonnisoplegging gesê.

Getuienis wat tydens De Klerk se verhoor voorgelê is, het gewys De Klerk het Boois se mond en neus toegedruk en haar sodoende versmoor. Met die aanvang van die verhoor het De Klerk aanvanklik skuld op alle klagte teen hom ontken en by monde van sy prokureur, mnr. Titus Mbaeva, gesê hy het voor Boois se dood op ’n datum wat hy nie kan onthou nie, seks met haar gehad.

Die staat is in die verhoor deur die adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef verteenwoordig. - Nampa

Soortgelyk

 

120 nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië

4 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 120 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangeteken wat die totaal...

Vyf adjunkministers besoek Walvisbaai

19 ure gelede | Regering

Leandrea Louw – 'n Hoëvlakafvaardiging wat uit vyf adjunkministers bestaan, is tans in Walvisbaai op 'n ter plaatse besoek aan die Erongostreek en in veral...

Privaatskole bloei ook

19 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Privaatskole in Namibië onder die vaandel van die Namibië Privaatskole Organisasie (Napso) het tussen 5% tot 20% van hul skoliere direk vanweë...

Meer as 60 herstel van Covid-19

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sê die aantal bevestigde ­Covid-19-gevalle het met 36 tot 1 402...

Die weer vir 23 Julie 2020

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal vir die res van die week oor die Namib en kusgebiede voortduur. BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot...

Werknemers in lugvaart ruk op oor griewe

19 ure gelede | Arbeid

Werknemers van Air Namibia en die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het gister saam met eweknieë van die Namibiese Kajuitpersoneelunie (NCCU) en die Namibiese Vervoer- en Verwante...

Esau en skoonseun bly in tjoekie

19 ure gelede | Misdaad

Jemima Beukes – Landdros Duard Kesslau het gister in die Windhoek-landdroshof gesê die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun,...

Universiteite skud hul vere reg

19 ure gelede | Onderwys

Kristien Kruger – Verteenwoordigers van verskeie tersiêre instellings was laasweek aan die woord by die Covid-19-kommunikasiesentrum in die hoofstad om te gesels oor hul gereedheid...

Psemas-tender uitgestel

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het 'n tegniese komitee saamgestel om die kriteria in die standaardtenderdokument, om die staat se mediese...