Letitia wen Windhoek Ope
Die Windhoek Ope-toernooi van Nalgu (die Namibiese Vrouegholfunie) is die afgelope naweek by die Windhoek Buiteklub se gholfbaan beslis.
Die toernooi is oor 36 putjies oor twee dae gespeel. Vrouespelers van Omeya, Windhoek, Hentiesbaai en Rössmund het deelgeneem. Een buitelandse deelnemer, Nina Gray van Stellenbosch, het ook vir die toernooi ingeskryf.
Letitia Brink van Windhoek is as die bruto kampioen (159) bekroon en Wilna Bredenhann as netto wenner (145).
Ander pryswenners in die houespel-afdeling het ingesluit Hansina Hinda, Adri Pienaar, Celonika Robinson en Nina Gray. Die stableford-afdeling is gewen deur Willemien Maree (72 punte) met Monica Schodel (71 punte) in die tweede plek.
Tydens die prysuitdeling is aangekondig dat Nalgu met onderhandelings besig is om later vanjaar ’n toerspan na die Boland te stuur vir deelname in die Boland Vroue Ope kampioenskap. Meer inligting hieroor sal bekend gemaak word sodra reëlings afgehandel is.
MôRE BY OMEYA
Die eerste rondte van die Specsavers Green Jacket Qualifier vir vroue word môre by die gholfbaan van Omeya oor 18 putjies beslis.
Die formaat van die kompetisie is individuele stableford en vroue van alle klubs in Namibië sal deelneem. Die tweede rondte vind op 5 Junie by die Windhoek Buiteklub plaas. Specsavers is die borg van hierdie twee kwalifiserende toernooie.
Die vrouespeler wat oor die twee rondtes die hoogste totaal stablefordpunte insamel, sal later vanjaar as Namibië se finalis aan die Windhoek Lager Africa Jacket-toernooi teen ander finaliste van Afrikalande deelneem.
Dit is die eerste jaar dat vroue in hierdie glansryke toernooi ingesluit is wat reeds meer as tien Afrika-lande se spelers byeen bring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie