LEN MULLER VIER SAMESYN EN FAMILIE MET NUWE ENKELSNIT

Lloyd Zandberg
Len Muller het die wonderlike gawe om jou met sy musiek te laat voel. Partykeer laat sy hoendervleismooi-lirieke jou onwillekeurig na ’n snesie gryp en ander kere laat sy inspirerende klanke ’n warm vrolikheid deur jou are bruis, net soos sy nuutste enkelsnit, “Heildronk”.

“Die lied laat my gelukkig voel en help my onthou dat jy nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Dis die moeite werd om saam met familie en vriende te stap en nie jouself af te sonder nie; soos ek in die verlede nogal geneig was om te doen,” verduidelik dié blondekopster oor die goedvoel-snit wat hy saam met Jattie de Beer (met die hulp van Kaleidoskoop se Anique Jordaan) geskep het.

“’n Mens is armer sonder ’n kerk, familie en gemeenskap. ’n Mens is nie ’n eiland nie.”

Volgens Len, was sy skoonfamilie se tradisie om jaarliks ’n groot kuiergeleentheid van die Curriebekerfinaal te maak, die inspirasie agter sy nuutste vrystelling.

“Die hele familie daag op vir hierdie rugbynaweek en dit is iets besonders vir my,” deel hy.

“Alhoewel dit aanvanklik ’n kultuurskok was, is dit nou iets waarna ek uitsien en ‘Heildronk’ is gebore uit die feit dat ek die waarde van gemeenskap en samesyn eerstehands kon sien en ervaar.”

Die musiekvideo waarin Len se vrou, Chanél, ook te sien is, word op 26 Maart 2020 vrygestel.

“Dit was nog altyd Chanél se droom om eendag met haar trourok (Carike Nel Design) in die see te dans. Ons wou ook graag ’n paar van ons avonture saam uitbeeld en die video by van ons gunstelingplekke skiet om die intimiteit van die lied uit te beeld,” sê hy.

Chanél en Nico Welgemoed was ook die kreatiewe breine agter die beeldmateriaal, wat rondom die Kaapse Skiereiland en Valsbaai verfilm is.

Hierdie opgewekte nommertjie volg in die voetspore van “Oorgenoeg”, die kunstenaar se vorige enkelsnit en video waarin hy sy frustrasie oor die armoede in die land uitspreek. Dit is deur Theo Crous van Bellville Studios vervaardig en is sy eerste snit wat op al die radiostasies, waarheen dit gestuur is, speeltyd gekry het. Dis ook die eerste liedjie wat hy saam met sy sussie, Miemie Blaauw, opgeneem het en haar stem vul syne perfek aan.

Albei snitte vorm deel van sy opkomende album wat op die oomblik in die afrondingsfase is en later hierdie jaar vrygestel word.

Sedert Len sewe jaar gelede met sy sololoopbaan begin het, was daar voorwaar baie hoogtepunte op sy pad. Hy het nie net die geleentheid gekry om saam met groot name soos Stef Bos te werk nie, maar ook om sy eie kortspeelplaat uit te reik met akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies.

Verder was hy ook bevoorreg genoeg om die verhoog met Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Musiek Soos Grond, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman en Dan Patlansky te deel en homself as liedjieskrywer te vestig.

Sy treffer, “Vrede”, is gebruik as die temalied vir die sterbelaaide (Bobby van Jaarsveld, Lea Vivier, Sandra Prinsloo, Crystal-Donna Roberts, Reynardt Slabbert en Solomon Cupido) kykNET-sitkom, Mense Mense, wat in Maart 2018 op die kassie begin wys het. Die liedjie is in dieselfde jaar vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir liedjie van die jaar benoem.

“Sterrewals” is in die laaste kwartaal van 2018 uitgereik en is net so goed ontvang. Dit is ’n nostalgiese liefdesballade wat hy vir Chanél geskryf het nadat hulle getroud is.

“Vrede” en “Sterrewals” is albei van sy tweede album, Oog Van Die Storm, wat in 2017 vrygestel is, in 2018 benoem is vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning (kontemporêre album van die jaar) en suksesvolle snitte soos “Ek glo” en “Sing vir sente” opgelewer het.

Len se debuutalbum, Doodgewone Avontuur (2015), het hom amptelik aan die musiekbedryf bekend gestel en het vir hom heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir manlike kunstenaar van die jaar en nuweling van die jaar) losgeslaan.

Sedertdien het hierdie sangsensasie ’n plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers.

Hy is veral bekend vir die gewilde duet, “Vir die een wat geval het”, wat hy saam met Joshua na die Reën vrygestel het en “Smag na jou” wat op die klankbaan van die romantiese komedie Strikdas gebruik is.

Deesdae woon die musikant in die Kaap en voel hy bevoorreg om elke dag op sy branderplank af te skop. Buiten vir sy nuwe album het hy onlangs ’n nuwe agentskap begin wat ander kunstenaars bestuur, soos Danie du Toit (Reënwolf), en vir hulle toere reël. Hy is ook besig om liedjies vir Caroline Grace en Kurt Darren te skryf.

Die kunstenaar is ook lid van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds, wat in 2019 gestig is.

“Heildronk” is ’n lekkerluistertreffer wat voortbou op die unieke Afrikaans-Akoestiese Folk-styl waarvoor Len Muller bekendheid verwerf het.

Dit stel nie net sy vaardighede as liedjieskrywer en musikant ten toon nie, maar nooi jou ook uit om spontaan saam te sing en met nuwe oë na die mense in jou lewe te kyk.

“Ek dink die liedjie sal aanklank by alle ouderdomme vind en dit is belangrik om mense te herinner om nie familie, vriende en samesyn as vanselfsprekend te aanvaar nie,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.02/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.40% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.10/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 912.03/OZ DOWN -0.0042